Swapo se presidensiële kandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah, sal na verwagting beter as die party vaar. FOTO NawaZone
Swapo se presidensiële kandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah, sal na verwagting beter as die party vaar. FOTO NawaZone

Tafel gedek vir Swapo om tien setels te verloor

PDM verloor sy status as amptelike opposisie
Die regerende party, wat 14 setels in 2019 verloor het, gaan in vanjaar se verkiesing nog parlementêre setels aan die opposisie afstaan ??– maar sal na verwagting as die algehele wenner uit die stryd tree.
Toivo Ndjebela
Toivo Ndjebela - Voorspellings laat gistermiddag het daarop gewys dat Swapo ongeveer tien setels in vanjaar se Nasionale Vergadering (NV)-verkiesing verloor het uit die 63 setels wat dié party in 2019 gewen het.

Die party se presidensiële kandidaat Netumbo Nandi-Ndaitwah sal na verwagting beter vaar as die voormalige president Hage Geingob se 56% van 2019.

Met 92 kiesafdelings uit die 121 wat teen gistermiddag getel is, het Swapo 54 setels – nege minder as die 63 setels wat dié party in 2019 gewen het.

Toe het die party met een setel ’n tweederdemeerderheid misgeloop en 14 setels in totaal afgestaan van die 77 wat die party in 2014 gewen het.

Teen laat gister het die regerende party sy hoop gevestig op Oshana, ’n tradisionele vesting waar sommige uitslae van kiesafdelings nog uitstaande was. Uitslae van die gesogte Windhoek-Wes-kiesafdeling en dele van die Erongo- en Omahekestreek was ook nog uitstaande.

Die politieke ontleder Rui Tyitende het gister gesê: “Die voorlopige uitslae is soortgelyk – nie in kwantitatiewe terme nie – aan wat Geingob in 2014 behaal het. Hy was gewilder as die party, maar die gety het gedraai toe die party in 2019 gewilder as hy geword het.

“Daar was verskeie redes daarvoor, maar die sleutelredes was strukturele armoede, werkloosheid en korrupsie wat die lewensbestaan van vissermanne en hul families uitgewis het.”

Oor Nandi-Ndaitwah wat vanjaar beter as die party doen, het Tyitende gesê “mense het vertroue in Swapo verloor, maar beskou Nandi-Ndaitwah as ‘skoon’ in ’n party wat ’n ernstige probleem met sy beeld en geloofwaardigheid het.”



AMPTELIKE OPPOSISIE

Die nou uitgaande amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement (PDM), blyk om 11 van die 16 setels te verloor wat die party in 2019 gewen het.

Vir die grootste gedeelte van gister het die party aan vier setels geklou, maar laat uitslae uit die PDM-vesting Kunene het sy parlementêre setels tot vyf opgestoot.

Beamptes in die PDM wat hoop op ’n laat wonderwerk, het gister hul hoop geplaas op uitstaande uitslae uit Omaheke waar die party sterk ondersteuning het.

Ongeag wat dié uitslae gaan wys, is dit nou duidelik dat die PDM sy titel as amptelike opposisie aan die Independent Patriots for Change (IPC), gaan afstaan. Die IPC het teen laat gistermiddag 18 setels in die NV gehad, nadat 814 654 stemme getel is.

Hoewel 1,4 miljoen kiesers vir vanjaar se verkiesing geregistreer het, is die voorspelling dat net sowat ’n miljoen gestem het.

Die Affirmative Repositioning (AR) het gister vasgeklou aan sy voorspelde ses setels. Sonder ’n spesifieke vesting in die land, hoop dié linkse party om sy generiese opgang te behou uit die stemme wat nog uitstaande is.

Windhoek-Wes veral sal na verwagting die jeuggesentreerde party ’n hupstoot gee. Kort op dié party se hakke gister was die Landless People’s Movement (LPM) wat na verwagting sy parlementêre teenwoordigheid met nog ’n setel van sy huidige vier kan verhoog. Teen gister het die party op vyf setels gestaan in ooreenstemmings met voorspellings dat hy vier tot vyf setels sal verower.

Die United Democratic Front (UDF) wat sterk wortels in Erongo en Kunene het, het gister desperaat aan sy huidige twee setels vasgeklou, met die hoop dat die uitslae wat nog uitstaande in die twee streke is, die party sal help om die setels te behou. Die verwagting is dat die party nie meer setels sal wen nie.

Die voormalige amptelike opposisiepartye die Rally for Democracy and Progress (RDP) en die Congress of Democrats (CoD) was onder die partye wat geen setels gewen het nie.

Die South West Africa National Union (Swanu), die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF), die Republican Party (RP), die All People’s Party (APP), die National Unity Democratic Organisation (Nudo), die National Democratic Party (NDP) en die Body of Christ Party (BCP) het teen laat gister elk een setel gehad.

#NamibiaDecides2024

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 42° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 37° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 22° | 37° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 17° | 35° Windhoek: 17° | 32° Gobabis: 19° | 34° Henties Bay: 15° | 20° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 16° | 34° Mariental: 18° | 34° Keetmanshoop: 16° | 32° Aranos: 18° | 34° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 25° | 39° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 18° | 37° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 41° Windhoek: 17° | 32° Cape Town: 17° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 21° | 32° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 37° Harare: 19° | 34° #REF! #REF!