Tjivikua van ECN-kortlys afgehaal
‘Nie persoonlik nie’
'n Voormalige lid van 'n Swapo-dinkskrum is gediskwalifiseer as kandidaat vir die pos van hoofverkiesingsbeampte vir die Verkiesingskommissie van Namibië.
Elma Dienda van die Popular Democratic Movement (PDM) sê haar beswaar teen die kandidatuur van die voormalige lid van die Swapo-dinkskrum, Michael Tjivikua, om as hoof van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) aangewys te word, is nie persoonlik nie.
Volgens Dienda sal sy aanstelling in die pos die vraag laat ontstaan oor sy vermoë om verkiesings objektief te bestuur.
Dienda se opmerkings volg nadat Tjivikua gediskwalifiseer is.
“As ’n voormalige lid van ’n Swapo-dinkskrum, is hy nie in konflik nie? Jy kan nie dat so ’n persoon die hoofverkiesingsbeampte van die ECN is nie. Hoe gaan die verhouding met belanghebbers van die ECN wees?” het Dienda gesê as motivering dat Tjivikua gediskwalifiseer moet word.
“Ek het nie probleme met die persoon nie, ek het ’n probleem met die beginsel,” het Dienda beklemtoon.
Tjivikua was tot 2021 deel van die Swapo-dinkskrum. Pogings om hom te bereik, was onsuksesvol en oproepe en boodskappe na sy selfoon het onbeantwoord gebly.
Voor die openbare onderhoude Vrydag, het Dienda reeds skriftelik by die ECN besware geopper oor Tjivikua wat op die kortlys was.
Die ECN het verlede week die besluit verdedig om hom op die kortlys te plaas, maar het Vrydag erken sy versuim om inligting bekend te maak as ’n voormalige lid van die regerende party se dinkskrum, is onaanvaarbaar.
Geen besware is geopper teen die ander kandidate wat op die kortlys verskyn het nie, naamlik Oscar Muyatwa, Helmuth Nawaseb, dr. Vincent Sazita, en Petrus Shaamba.
Kandidate het tydens die openbare onderhoudsproses hul doelwitte vir die pos gedeel.
Muyatwa, ’n direkteur in die kantoor van die eerste minister, het gesê hy sal die verkiesingsliggaam se raamwerk vir kuberveiligheid opskerp.
“Kuberveiligheid is die jongste uitdaging wat ons in organisasies het. Tensy ons belê in inligtingstegnologie, bly ons blootgestel,” het hy gesê. Die ECN sal onder sy leiding ook omvattende maatstafbepalings met susterorganisasies ondersoek.
“Ons moet in pas bly met susterorganisasies. Ons moet ten alle tye die beste praktyke en bepalings vasstel en aanneem.”
Muyatwa het gemaan die ECN se begrotingstoekenning is laag en hy sal hom vir meer finansiering beywer.
“Die begroting wat aan die ECN toegeken is, is nie gelykstaande aan die mandaat wat die instelling het nie. Wanneer ek in die posisie is, sal deel van my werk wees om my te beywer vir voldoende ondersteuning van die regering.”
Nawaseb, die regsbeampte in die kantoor van die president, sê hy sal verseker die finansiering van politieke partye sal duidelik ondersoek word.
“Die finansiering van partye, daar is sekere beperkinge op daardie geld. Watter meganismes het ons om te verseker die geld word gebruik vir die spesifieke doelwitte waarvoor dit toegeken word,” sê hy.
“My nalatenskap, sou ek die verkose kandidaat wees, moet die bepalings van die wet volg soos dit daar staan,” het Nawaseb bygevoeg.
Sazita, ’n afgetrede akademikus, het op sy beurt gesê hy sal verseker die ECN se tydslyne in terme van sy aktiwiteite, word altyd in terme van verbeterde kommunikasie nagekom.
“As ’n hoofverkiesingsbeampte wil ek seker maak ek konsulteer met ander sodat die kommissie bewus is van aktiwiteite wat plaasvind om te verseker daar is geen vertragings in terme van die uitvoer daarvan nie,” het hy gesê.
Shaama, die ECN se direkteur van bedrywighede, het beklemtoon hy gaan verseker die ECN se kommissarisse vergader op ’n meer gereelde basis.
“Ek wil ’n beleid hê wat ons vergaderings reguleer, waar al ons vergaderings geïntegreer is en wat die beplanning sal vergemaklik.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie