UPM-geskil duur voort
Saak nog nie gereed vir verhoor
Verrigtinge in die hofsaak wat die voormalige sekretaris-generaal van die UPM, Elizabeth Celeste Becker, teen die party se president Jan Johannes van Wyk, aanhangig gemaak het, is uitgestel tot Maart.
Die regsgeskil tussen die afgedankte sekretaris-generaal van die United People’s Movement (UPM) Elizabeth Celeste Becker en die president van dié party Jan Johannes van Wyk, duur steeds voort en is onlangs uitgestel tot 13 Maart vir verdere voorverhoorverrigtinge.
Dit sal dan ’n jaar wees sedert Becker die saak teen Van Wyk aanhangig gemaak het, waarin sy onder andere ’n bevel versoek dat Van Wyk N$850 000 in skadevergoeding vir beweerde laster aan haar moet betaal.
“Op 12 Maart het die eerste verweerder [Van Wyk] ’n mediaverklaring uitgereik waarin hy beweer dat die UPM finansiële en administratiewe wanbestuur ervaar as gevolg van die eiser [Becker] se optrede in haar hoedanigheid as sekretaris-generaal,” beweer Becker in haar eisbesonderhede.
Becker beweer Van Wyk se uitlatings in dié mediaverklaring bevat ernstige beweringe wat lasterlik is. Sy versoek ’n hofbevel wat die verweerders verplig om die verklaring terug te trek.
AFDANKING
Sy versoek ook ’n bykomende hofbevel wat die gedrag van Van Wyk en die party se bestuurskomitee as ongrondwetlik en onwettig verklaar en dat sekere van hulle besluite terugtrek word.
Volgens Becker se eisbesonderhede het Van Wyk op 28 Februarie briewe aan die UPM se voorsitter, nasionale tesourier en adjunk-sekretaris-generaal gestuur om hulle in kennis te stel dat hulle van hul verkose poste in die UPM onthef is. Op 6 Maart het hy glo ook vir Becker in kennis gestel dat sy onthef is van haar amp as die party se sekretaris-generaal.
Becker beweer dit was ongrondwetlik en onwettig aangesien Van Wyk en die bestuurskomitee na bewering geen mandaat het om sulke aksies te neem nie en slegs die sentrale verkiesingskomitee ingevolge die UPM se grondwet dit kan doen.
Sy beweer verder dat Van Wyk, asook die party se sekretaris vir inligting en reklame, Francis William David Huish, onregmatig die party se fondse bestee het.
“Die verweerders het onwettig en kwaadwillig die gedragskode van UPM-ampsdraers oortree,” lui Becker se eisbesonderhede.
PLEITSTUKKE
Van Wyk en die komitee het die hof ingelig van hul voorneme om ’n aansoek te bring waarin hulle Becker se eisbesonderhede uitdaag. Hulle beweer dat dit versuim het om ’n skuldoorsaak te bepaal en dat die saak op grond daarvan ter syde gestel moet word.
Die verweerder het egter nog geen pleitstukke by die hof ingedien om hulle argumente, bewerings en verweer aan die hof deur te gee nie. Volgens ’n saakbeplanningsbevel wat vandeesmaand deur die hof uitgereik is, moet Van Wyk en die komitee voor 2 Februarie hulle pleidooie by die hof indien.
REGSVERTEENWOORDIGING
Becker se voormalige regsverteenwoordigers, Morwe & Associates Incorporated, het in September verlede jaar van die saak onttrek, waarna Becker aansoek om regshulp gedoen het.
Haar aansoek is toegestaan en in November is prokureur Julian Comalie van B D Basson Incoporated Legal Pracitioners, aangewys as haar verteenwoordiger.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie