UPM stort in duie
Wanbestuur kniehalter glo party se geldsake
Die party se sekretaris-generaal, haar adjunk, tesourier en voorsitter is afgedank.
Die United People’s Movement (UPM) se president, Jan van Wyk, het Maandag in ’n mediaverklaring aangekondig dat die party sy sekretaris-generaal, Celeste Becker, tesourier, Melvin van Wyk en sy vrou, die partyvoorsitter, Moretha van Wyk, en die adjunk-sekretaris-generaal, Justin Coetzee, afgedank het.
Verder dien Cassilly Dentlinger sedert 14 Mei 2022 onwettig as die sekretaris vir finansies, aangesien sy nie aan die uitvoerende komitee se verkiesings deelgeneem het nie, volgens die UPM-president. Dentlinger is intussen N$90 000 vir haar dienste betaal.
“Die United People’s Movement sal nie enige vorm van sabotasie binne die party se range duld nie en niemand is vrygeskeld daarvan om gedissiplineer te word vir optrede wat die party se reputasie in oneer mag bring nie,” eindig die verklaring.
Republikein het Becker om kommentaar genader, en sy het onderneem om haar eie verklaring uit te reik. Teen druktyd het die koerant nog nie die verklaring ontvang nie. Sy het egter per SMS laat weet dat Van Wyk se bewerings glo vals is.
Volgens Van Wyk is verskeie aansoeke om notules van die nasionale uitvoerende komitee se vergadering op 20 November 2021, en die komiteevergadering op 14 Mei 2022 te verkry, tot 30 Januarie vanjaar geïgnoreer.
“Albei stelle notules (wat toe ontvang is) het egter nie die ware verrigtinge van die betrokke vergaderinge weerspieël nie, en werp ’n donker lig op die motiewe van die sekretariaat om dit so te doen,” skryf hy.
Verdere beweerde wanpraktyke, sluit in dat die voormalige sekretaris-generaal nie die party se werknemers by die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) geregistreer het nie, en ook nie posbeskrywings opgestel het nie.
Becker het na bewering ook toegelaat dat die party amper dubbel die toegelate begroting aan die Swakopmundse tussenverkiesing op September 2022 bestee het.
Die UPM het glo N$293 000 aan die verkiesingsveldtog bestee, terwyl net N$150 000 daarvoor begroot is.
Verder beweer die party se president dat Becker ’n lening van N$90 000 sonder die nodige toestemming laat uitneem het om gevolglik dié tekort te dek. Sy het daarna die N$90 000 aan haarself laat terugbetaal, nadat die UPM op 3 Oktober 2022 finansiering ontvang het.
Nietemin kon die party nie met sy verwagte kongres op 17 November 2022 voortgaan nie. Opdragte wat in die verband op 7 Oktober 2022 gegee is, is nooit uitgevoer nie, en die kongres is toe tot Februarie vanjaar uitgestel.
Nog opdragte wat op 24 en 28 November 2022 by ’n vergadering toegewys is, is eers op 10 Januarie vanjaar uitgevoer, en het teweeg gebring dat die kongres weer uitgestel moes word, sê die partypresident.
Becker was vanaf 16 Januarie tot 4 Maart op reis om haar parlementêre pligte uit te voer, waartydens sy glo geen maatreëls getref het om te verseker dat die UPM se werksaamhede kon voortgaan nie, het Van Wyk gesê.
Sy besoek aan die ||Kharasstreek vanaf 24 tot 26 Februarie is ook gekniehalter, brei hy uit.
Volgens hom het Becker probeer om sy beplande vergadering met takke in die Suide te belemmer, en dit is toe hy besef het dat die party in ’n krisis is.
Van Wyk sê hy het op 28 Februarie met partylede, die bestuur en die uitvoerende komitee vergader en het afdeling 14.1.4 (b) van die party se grondwet toegepas om Coetzee en die Van Wyk-egpaar van hul pligte te onthef.
Hy moes ook met Becker vergader, maar sy het glo geweier om die besluit te aanvaar en het hom na bewering beledig. Dit het tot Becker se afdanking gelei.
Die vier het egter steeds die reg om die kwessie met die nasionale uitvoerende komitee, die sentrale komitee of die kongres op te neem, wanneer een van hierdie liggame weer vergader, voeg hy by.
Van Wyk beplan om finansiering vanaf die party se sentrale komitee te vra, om ’n forensiese oudit van die 2021-’22- en 2022-’23-boekjare te laat uitvoer, en die party sal ook die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) nader om ondersoek in te stel, sê Van Wyk.
Francis Huish is op 6 Maart as waarnemende sekretaris-generaal genomineer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie