UPM vorder op Rehoboth
Die United People’s Movement (UPM) het verlede Saterdag ’n openbare vergadering op Rehoboth gehou, wat volgens die party se president goed bygewoon is.
Jan van Wyk is oortuig dat die UPM weer eens Rehoboth sal oorheers – soos voor 2020 toe die party ontsetel is.
Hy het ook vir Stefanus Matteus, die adjunkleier van die National Empowerment Fighting Corruption (NEFC), verwelkom.
Die kleiner opposisiepartye wil in samewerking met die Christian Democratic Voice (CDV) en die National Democratic Party (NDP) ’n koalisie vorm om ’n groter mededingende voordeel in volgende jaar se nasionale verkiesings te hê.
Die naweek se vergadering was die eerste sedert Mei 2022 toe die UPM se sentrale komitee verkies is. Alhoewel die UPM die afgelope maande uitdagings in die gesig gestaar het, bly die party staande, sê Van Wyk.
Hy beklemtoon verder hoe moeilik dit is vir opposisiepartye om goedkeuring vir nuwe wetgewing in die Nasionale Vergadering (NV) te kry.
“Verskeie private lede het wetsontwerpe voorgestel, en dit is deur die Swapo-meerderheid verwerp. Hierdie wetsontwerpe wou tekortkominge takel wat julle as burgers daagliks ervaar, maar Swapo het besluit ons lyding moet voortduur,” het hy aan die inwoners van Rehoboth gesê.
“Die vraag aan julle, my landgenote, is of ons hierdie onderdrukking sal toelaat om ná 2024 se presidensiële en NV-verkiesings voort te duur. Ek sê vir julle sonder enige vrees, as ons as Namibiërs daarin misluk om volgende jaar ’n verskil by die stembusse te maak, sal ons land teen 2030 weg wees, af met die drein,” sê die parlementslid.
Van Wyk sê die enigste opsie is om saam te staan. Dus is gesprekke verlede jaar reeds met ander opposisiepartye begin om saam teen Swapo te staan, en weer in Januarie 2023.
“Net drie politieke partye het positief gereageer, waarvan die NEFC die eerste was. Dit is dus van pas dat ons ons broer na hierdie vergadering sou nooi, as ’n teken dat die UPM ernstig is in sy soektog na ’n gesamentlike mag om julle, ons medeburgers, te verteenwoordig,” het hy gesê.
“Soos julle weet is getalle belangrik, en ons moet daarom onsself mobiliseer. Ons moet opstaan, saamstaan en dit vir onsself doen,” sê Van Wyk.
Hy sê 367 nuwe lede het sedert April vanjaar by die UPM aangesluit, met nog 21 wat ná die naweek se vergadering teen Maandag aangesluit het.
Die UPM se jeugliga (UPMYL) beplan om in Februarie volgende jaar ook ’n byeenkoms te reël om nasionale strukture in plek te stel. Die sekretaris van die UPMYL is Macdunichia Kharuxas, volgens Van Wyk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie