Uutoni, Shaningwa as skynheilig uitgekryt
Grootfontein-raaisel
In vergelyking met sy voorganger is die minister as "swak" beskryf omdat hy die Grootfontein-raadslede toelaat om sy opdragte te verontagsaam.
‘n Voormalige lid van die Rundu-dorpsraad wat onder diegene was wat in 2020 deur die lynministerie geskors is, het mnr. Erastus Uutoni, minister van stedelike en landelike ontwikkeling, as “skynheilig” bestempel omdat hy nie optree teen die gedrag van die Grootfontein-raadslede, wat steeds sy opdragte verontagsaam, nie.
In Maart 2020 het Uutoni se voorganger, dr. Peya Mushelenga, die Rundu-dorpsraad onder administrasie geplaas ná die onbepaalde skorsing van al die ampsdraers omdat daar ‘n leierskapsvakuum by die plaaslike owerheid bestaan het.
Mushelenga het gesê die politieke onstabiliteit belemmer dienslewering, vandaar sy besluit.
In vergelyking met Mushelenga is Uutoni as “swak” beskryf omdat hy die Grootfontein-raadslede toelaat om sy opdragte te verontagsaam, al het hy die raadslede na Windhoek ontbied om die situasie te ontlont.
Die situasie spruit uit die raad se besluit om Grootfontein se uitvoerende hoof, mnr. Kisco Sinvula, te skors – ’n besluit wat Uutoni steeds as onwettig beskryf.
Uutoni het verlede week by navraag volgehou hy het die raad skriftelik en tydens die vergadering in Windhoek ingelig oor die prosedure wat hulle moes gevolg het indien hulle die hoof wou skors.
Dit blyk of daar dadels van Uutoni se raad en opdrag gekom het, aangesien vier van die sewe Grootfontein-raadslede volhou hulle gaan nie hul besluit om Sinvula te skors, terugtrek nie.
Trouens, die voorsitter van die bestuurskomitee, me. Elizabeth Kastoor, het twee weke gelede ‘n mediakonferensie gehou en herhaal dat hulle nie Uutoni se opdrag sal gehoorsaam nie.
Volgens haar en haar span sal hulle voortgaan met die ondersoek teen Sinvula, wat volgens hulle geskors is.
Op grond hiervan het ons susterkoerant Namibian Sun Uutoni gevra of sy ministerie teen die raad gaan optree wat sy steeds opdrag verontagsaam. Die minister kon egter nie ‘n duidelike antwoord hierop gee nie, behalwe om te sê hy is nie gereed vir so ‘n stap nie.
“Moenie my in ‘n posisie plaas waarvoor ek nie nou gereed is nie,” het Uutoni gesê.
SHANINGWA ‘ONBEWUS’
‘n Voormalige raadslid wat op die voorwaarde van anonimiteit met Namibian Sun gepraat het, het egter ook bevraagteken waarom me. Sophia Shaningwa, sekretaris-generaal van Swapo, nie op dieselfde manier in die Grootfontein-magstryd ingegryp het as wat sy gedoen het toe ‘n soortgelyke dispuut in 2019 onder die Swapo-kamerade op Rundu ontstaan het nie – wat ook tot ‘n leierskapvakuum gelei het.
Shaningwa het in 2019 in die Rundu-dorpsraad ingegryp nadat sy ontdek het drie van die vyf raadslede wat op die raad gedien het, het haar opdragte verontagsaam wat die beëdigingseremonie van ampsdraers betref.
Shaningwa wou die partylede aansê oor hoe hulle op die raad ontplooi moet word.
Die driestuks van mnr. Isak Kandingu en mee. Toini Hausiku en Anastacia Shinduvi het egter haar opdrag verontagsaam, wat daartoe gelei het dat hulle teruggeroep is.
Hulle het egter in opstand gekom en gedreig om Shaningwa hof toe te sleep.
“As jy na die Grootfontein-kwessie kyk, is daar vier Swapo-kamerade waarvan drie verenig is en die ander een saam met die opposisie staan. Hoekom was dit verkeerd vir ons in Rundu om saam met die opposisie te staan wat daartoe gelei het dat ons teruggeroep is, maar as jy nou kyk na wat in Grootfontein gebeur, is Shaningwa stil? Is dit nie wat mense skynheiligheid noem nie? Haar optrede het ons politieke loopbane in oneer geplaas.
“Swapo het ‘n setel in Rundu verloor omdat hulle nie daarin geslaag het om die situasie vriendskaplik te hanteer nie. Swapo het in 2020 ‘n setel in Grootfontein verloor en as hulle nie die probleem nou oplos nie, wag net en kyk maar wat in 2025 gaan gebeur; hulle sal aanhou val.”
By navraag vir kommentaar oor die Grootfontein-kwessie het Shaningwa gesê sy is nie bewus van wat in die dorp aangaan nie.
Namibian Sun wou weet hoekom sy nie teen die Swapo-raadslede op Grootfontein opgetree het wat tans in stryd met haar opdrag op die raad werksaam is nie.
Toe sy die Rundu-raadslede teruggeroep het, het Shaningwa verwys na die Swapo-reëls en -prosedurewet wat bepaal dat lede volgens die party se wense moet optree en nie hul eie nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie