'Vertroue in verkiesings taan'

Ogone Tlhage
’n Opname oor hoe Namibiërs oor verkiesings voel, het bevind dat hoewel die meerderheid inwoners gemaklik is om direk vir hul leiers te stem, dié neiging begin afneem.

Dit volg op ’n onlangse Afrobarometer-opname oor verkiesingstendense met Namibiërs wat later in November na die stembus gaan.

Die navorser Christiaan Keulder sê hoewel daar steeds sterk steun vir demokratiese prosesse is, begin al hoe meer Namibiërs se vertroue in verkiesings in die algemeen afneem.

“Sowat 74% van Namibiërs sê ons moet ons leiers kies, maar dit beteken ook dat een uit vier Namibiërs sê miskien moet ons aan ’n ander manier dink om ons leiers te kies,” het Keulder gesê.

Hy was aan die woord tydens ’n slypskool wat deur die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing (EPRA) aangebied is.

“Dit is betekenisvol, dit is hoe doeltreffend verkiesings is as ’n instrument om ongewilde leiers te verwyder.

“Jy kan sien ons is op ’n punt waar die helfte van die bevolking sê dit is voldoende, en die ander helfte sê dit is onvoldoende,” het hy bygevoeg.

Oor die algehele verloop van verkiesings het Keulder gesê hoewel Namibiërs oor die jare oor die algemeen tevrede was met die verkiesingsproses, het ontevredenheid begin kop uitsteek met die 2019-peilings om ’n nuwe president en wetgewers te verkies.

“As ons terugkyk, kan jy sien dat die idee dat ons verkiesings vry en regverdig is – met geringe probleme – hoog gebly het, soort van, maar in die afgelope twee jaar het dit afgeneem,” het hy gesê.

Namibiërs se geloof in verkiesings het in 2014 ’n hoogtepunt bereik, maar het oor die algemeen in 2019 begin afneem, terwyl dié neiging na verwagting in November sou voortduur.

“Die jaar 2014 was ’n waterskeidingsjaar. Demokrasie het ’n hoogtepunt bereik, en toe het dit begin afgly en ontevredenheid het toegeneem.

“Op die oomblik is effens meer as die helfte van die bevolking tevrede met hoe demokrasie werk,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!