Die parlementslid en UPM-adjunkpresident, mnr. Jan van Wyk, saam met hoofman Joseph /Gomoseb.
Foto Augetto Graig
Die parlementslid en UPM-adjunkpresident, mnr. Jan van Wyk, saam met hoofman Joseph /Gomoseb. Foto Augetto Graig

Volksmoordgesprek: San se deelname geblokkeer

Regering moet hulle betrek, sê Duitse ambassadeur
Die parlement kan nie die Hai //om-San se klagskrif van Februarie oor volksmoord opspoor nie.
Augetto Graig
Die parlementslid en adjunkpresident van die United People's Movement (UPM), mnr. Jan van Wyk, het Dinsdag saam met hoofman Joseph /Gomoseb van die Hai //om-San die Duitse ambassade besoek.

Die besoek was om die San se versoek om by reparasiegesprekke ingesluit te word, op te volg.

Ambassadeur Herbert Beck het volgens van Wyk gesê Duitsland kan nie help nie en die besluit hang van die Namibiese regering af.

“Die ambassadeur het gesê ons moet terug na die regering gaan,” het /Gomoseb gesê.

Intussen is ’n klagskrif in die verband wat in Februarie by die parlement ingedien is nou nêrens te vinde nie.

Volgens van Wyk doen hy al die afgelope twee weke navraag by die parlement se sekretariaat sonder enige sukses en hy is bekommerd aangesien die Nasionale Vergadering binnekort weer verdaag.

In ’n brief wat die Hai//om-San se opperhoof Ananias Soroseb reeds in Oktober 2021 aan die ambassade gestuur het, stel hy duidelik dat die San Namibië se eerste inheemse mense was, en dat die volksmoord deur Duitsland vanaf 1904 tot 1908 met die moord van opperhoof Fritz ‡Arexab begin het.

“Die volksmoord het die oorspronklike San-mense van ons land die meeste geraak. Selfs tot vandag is ons waardigheid, ons voorvaderlike grond, ons kultuur, ons tradisie en ons taal weens die volksmoord verlore,” het Soroseb geskryf.

Volgens /Gomoseb is hy reeds na die visepresident se kantoor verwys, en daarna na die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, “maar Namibië se regering is net stil. Hulle kan nie antwoord nie,” sê hy.

/Gomoseb brei uit oor die betrokke geskiedenis: “Duitsland se oorlog het eerste met ons kaptein Fritz ‡Arexab begin. Die eerste ooreenkoms was met die San en Duitse soldate het die kaptein by die Omatakoberge doodgeskiet.”

Hy sê die regering het die plaas waar die kaptein begrawe is vir hervestiging gekoop, maar dat die hervestigingsboere nie toegang vir die Hai //om-San wil gee nie.

Ten spyte van ’n aansoek om die graf as ’n nasionale erfenis te verklaar, word geen terugvoering vanaf die Nasionale Erfenisraad ontvang nie. Republikein se eie navrae op 31 Maart is ook onbeantwoord.

“Hoe lank kan ons in sinkhuise bly? Ons wil uit armoede kom,” sê hy. “Elke regering wat kom, sit wette vir ons neer en die regering behartig elke skenking en projek namens ons, maar die San-mense kry nie kos nie, ook nie geld nie,” sê hy.

Selfs kos wat Bokomo vir arm San-mense geskenk het, word onderskep op die gesag van die adjunkminister van randgemeenskappe, mnr. Royal /Ui/o/oo, sê hy.

Drie voormalige sekretarisse van die adjunkminister is die mag gegee om die kos af te haal, wat volgens /Gomoseb by cuca-winkels in Okahandja se Vyf Rand-nedersetting verkoop is.

“Die San word uitgesluit van enige hulp wat ontvang word,” dring hy aan.

Die Namibiese polisie gee ook min aandag aan San-kwessies. Die ondersoek van die aanranding van /Gomoseb op Gobabis in November verlede jaar is doodstil, sê hy.

Die ondersoekbeampte het nog nie na my toe gekom om my verklaring te neem nie,” voeg hy by.

Van Wyk stem saam “daar word teen die San-mense gediskrimineer. Ons het ook die ambassadeur se aandag op skedels van San-mense in Duitsland gebring. Die San het nie die geld om self tot daar te reis en die nodige inligting te kry nie,” voeg die parlementslid by.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!