Waar moet jy registreer?
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) is hard besig om voor te berei vir die reusetaak om al die land se stemgeregtigdes vir die komende nasionale verkiesing te registreer.
Die algemene registrasieproses skop amptelik op 3 Junie af en duur tot 1 Augustus.
Die ECN het reeds vroeg vandeesmaand die registrasiepunte aangekondig en die tye wanneer die spanne by die punte teenwoordig sal wees.
Republikein en die NMH-groep stel dié inligting beskikbaar deur middel van ’n webwerf by https://vote.my.na waar besonderhede nagegaan kan word.
Alternatiewelik kan die aangehegte QR-kode met ’n selfoon se kamera geskandeer word om direk na die webwerf geneem te word. Nog ’n opsie is om Republikein se webwerf by https://www.republikein.com.na te besoek en die “Verkiesing”-knoppie te druk.
“Die kommissie sal beide permanente en tydelike registrasiespanne ontplooi. Alhoewel sommige van die registrasiepunte slegs vir tussen een en drie dae beman sal word, word stemgeregtigde kiesers aangemoedig om by hul naaste permanente registrasiepunte te registreer ingeval hulle die geleentheid misloop om by ’n mobiele registrasiepunt te registreer,” verduidelik die ECN in ’n onlangse verklaring.
In die Khomassstreek sal die registrasiepunt by Nampol se Bravo 2-polisiebarakke byvoorbeeld slegs vir drie dae vanaf 3 tot 5 Junie beman word en die mobiele registrasiepunt by Ondohaka vanaf 3 Junie tot 6 Junie.
By die Seeis-polisiekantoor sal die registrasiepunt vanaf 7 Junie tot 10 Junie beman word. Kiesers moet registreer by ’n registrasiepunt binne die kiesafdeling waar hulle woon, het die ECN benadruk.
Volgens die ECN sal 4 297 registrasiepunte beman word deur ’n totaal van 3 849 beamptes in elk van die 121 kiesafdelings gedurende die registrasietydperk.
Verskeie kwessies is in ag geneem om die ligging van registrasiepunte te identifiseer, insluitend die aantal inwoners wat in die gebied woon, toeganklikheid en vorige registrasiedata.
Die nasionale kiesregister moet vanjaar opnuut saamgestel word aangesien die vorige register volgens wet net vir tien jaar van toepassing is en die vorige registrasie in 2014 voltooi is.
Die ECN sê, gebaseer op die jongste nasionale sensus wat deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA) uitgevoer is, dat 1 731 790 Namibiërs uit die totale bevolking van effens meer as drie miljoen geregtig is om te registreer en in November te stem.
Die ECN het vandeesweek aantygings op sosiale media van korrupsie in die aanstelling van registrasiebeamptes ontken. Die ECN het Maandag in ’n verklaring ontken dat enige onreëlmatigheid plaasgevind het.
Nadat advertensies vanaf 18 Maart tot 8 April geplaas is, het die ECN 82 976 aansoeke ontvang vir die poste wat vir werklose jong Namibiërs geoormerk is
Slegs 3 280 beamptes word benodig en hulle het reeds Dinsdag met opleiding begin, het die kommissie gesê. Nog 16 000 verkiesingsbeamptes sal vir die November-verkiesing aangestel word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie