‘Bedorwe stemme rede tot kommer’

Iréne-Mari van der Walt
Die voorsitter van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), Elsie Nghikembua, het vandeesweek gesê die aantal bedorwe stembriewe wek kommer.

In die presidensiële verkiesing is 14 552 (1,3%) stemme bederf en in die verkiesing vir die Nasionale Vergadering (NV) 15 898 stemme – dit terwyl 11 382 stemme nodig is vir ’n setel in die NV.

Die bedorwe stemme is ’n groot rede tot kommer. Ek dink nie die meerderheid kiesers gaan na die stembus en verwag dat hul stem verwerp sal word nie. Ons moet regtig die oorsaak daarvan vind,” het Nghikembua gesê.

Volgens Nghikembua sal die ECN eers ondersoek moet instel voor stappe gedoen kan word om dié probleem in toekomstige verkiesings te voorkom.

“Ons sal die redes vir die bedorwe stemme behoorlik moet ondersoek, dan sal ons miskien verstaan,” sê sy.

“Ek sou nie die aanname wou maak dat dit as gevolg van geletterdsheidsvlakke is nie. . . ek weet nie wat die redes is nie, maar ek dink behoorlike navorsing is nodig,” het sy gesê.

Pius Iikwambi, die ECN-kommissaris, verduidelik dat ’n bedorwe stem ’n stembrief is wat in die stembus geplaas is, maar dat die bedoelings van die kiesers nie behoorlik bepaal kan word wanneer dit deur verkiesingsbeamptes nagegaan word nie.

’n Stem kan onder meer verwerp word as daar meer as een merk daarop is wat ’n stem vir meer as een kandidaat aandui of as daar geen merk gemaak is nie.



KRITIEK

Die ECN het sedert die verkiesing onder skerp kritiek van kiesers en politici deurgeloop.

Kiesers en politici is warm onder die kraag oor waargenome onreëlmatighede tydens die verkiesing – insluitend die tekort aan stembriewe en die feit dat die verkiesings net in sekere gebiede verleng is.

Die ECN het Dinsdagaand die finale verkiesingsuitslae tydens een van sy daaglikse mediakonferensies aangekondig.

Nghikembua het by een van hierdie geleenthede dit duidelik gemaak dat die ECN nie van plan is om die verkiesing weer te hou nie.

“Ons kondig nie uitslae aan met die doel om die verkiesing weer te hou nie,” het Nghikembua gereageer op vrae oor verskeie opposisiepartye se voornemens om die verkiesing in die hof nietig te laat verklaar.

#NamibiaDecides2024

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!