Moria en WHS in semifinale teen die toptwee, Gim en Affies

Skolerugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman

Twee goed gebalanseerde semifinale tussen die topvier rugbyspanne in die 2022 Standard Bank Onder 19 Superliga is die naweek in die vooruitsig, ná die finale afhandeling van ’n administratiewe dispuut in die raadsaal afgelope Dinsdagoggend.

Die onoorwonne voorloper, Schoemans-groep Windhoek Gimnasium, sal Vrydagaand (20:10) teen die span in die vierde posisie, OK Foods Moria van Outjo, opgeweeg word.

Die hoogtepunt van Saterdag se program van halfeindstryde in al die hoërskoolouderdomsligas sal opnuut die stryd tussen Super­ligaspanne 2 en 3 wees – KMC One Construction Windhoek Affies (die verdedigende titelhouer) teen Samsung Windhoek ­Hoërskool (afskoptyd 16:40).

’n Onafhanklike appèlkomitee het Dinsdag argumente van beide kante se regsverteenwoordigers aangehoor rakende die klagsaak wat Moria onlangs teen WHS ingedien het.

Die appélkomitee onder voorsitterskap van mnr. Marinus Nederlof het bevind dat Moria se regstukke nie tydig ingedien is ingevolge artikel 15.5 van Namibiese Sekondêre Skolerugby (NSSR) nie.

WHS het in Julie by die NSSR aansoek gedoen vir vrystelling om ’n speler in die o.19-liga te mag gebruik wat in Desember 20 jaar oud word, hoewel die regulasies bepaal dat net spelers wat in die betrokke kalenderjaar 19 of jonger word in aanmerking mag kom.

WHS het skriftelike toestemming van die NSSR-bestuur verkry en die speler was in drie oorwinnings betrokke, totdat Moria die klag hieroor ingedien het.

Die appélkomitee het dié week bevind dat die dissiplinêre uitslag van 19 Augustus gehandhaaf word, naamlik dat WHS nie gepenaliseer word of enige van sy ligapunte verbeur nie.

• In hul openingsnaweek op 30 Julie het Gimnasium na Outjo gereis en met 29-24 teen Moria gewen.

Windhoek Affies en WHS se ­liga-ontmoeting was meer onlangs (3 September) by Affiespark en het met 32-19 in die tuisspan se guns geëindig.

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!