Brand verswelg 72 huise by Aussenkehr
Uitvoer van tafeldruiwe groei met 19%
Ondanks N$1,7 miljard se inkomste uit die laaste seisoen se uitvoer van Namibiese tafeldruiwe, bly die meeste werknemers in riethuise.
Werknemers van druiweplase by Aussenkehr langs die Oranjerivier is letterlik in sak en as nadat ’n brand Woensdag 72 riethuise verswelg het.
Volgens ’n woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinspekteur Elifas Kuwinga, het die brand omstreeks 16:00 by ’n riethuis in Blok 5 uitgebreek wat na die nabygeleë huise versprei het.
“Die wind het gewaai en sowat 72 riethuise is tot as verbrand. Die brand is deur die gemeenskapslede, polisiebeamptes en met behulp van watertenks van die druiwemaatskappye geblus,” het Kuwinga gesê.
Volgens hom was daar geen ernstige beserings of sterftes weens die brand nie, maar gemeenskapslede het al hul besittings soos dokumente, kos, klere, komberse en matrasse verloor en is tans gestrand omdat hulle nie slaapplek het nie.
Einde November verlede jaar het ’n brand op Aussenkehr die lewe van ’n 27-jarige Namibiese man, Willem Shiyoleni, geëis. Meer as 30 gesinne, wat meestal uit seisoenale werkers op druiweplase bestaan, is toe dakloos in Blok 6 gelaat nadat minstens 30 riethuise tot as verbrand het.
STAND VAN BEHUISING
Die brand bring weer die stand van behuising vir landbouwerkers in Namibië onder die loep.
Danie van Vuuren, die hoofbeampte van die Landbouwerkgewersvereniging (LWV) van die Namibië Landbou-unie (NLU) het by navraag aan Network Media Hub (NMH) gesê die NLU het minimum standaarde vir behuising vir plaaswerkers opgestel as riglyn in die verband.
Alhoewel die druiweplase by Aussenkehr nie lede van die NLU is nie, het Van Vuuren gesê “die NLU moedig boere aan om te sorg vir die welstand van plaaswerkers wat behoorlike behuising, sanitasie en watervoorsiening insluit”.
Namibië het vanjaar sy eerste besending tafeldruiwe deur die hawe van Walvisbaai na Europese lande uitgevoer. Die besending van die Namibia Grape Growers Company (NGGC) in sy vennootskap met Capespan Namibia het bestaan uit 250 vraghouers druiwe wat by Aussenkehr geproduseer is.
Volgens die Namibië Akkerbouraad het die land se uitvoer van tafeldruiwe met 19% toegeneem en ’n waarde van N$1,7 miljard gedurende die laaste oesseisoen bereik.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie