Brand verwoes nóg plakkershuise in Swakopmund
Man sterf in DRC-brand
'n Brand het Donderdagoggend sowat 12 plakkershutte in Swakopmund se Mondesa-woonbuurt vernietig.
Sowat 12 plakkershuise is Donderdagoggend in die derde groot brand in Swakopmund vanjaar verwoes, wat beteken nét vanjaar alleen is sowat 30 huishoudings in dié dorp dakloos gelaat weens brande.
Die lug oor Swakopmund het omstreeks 08:15 donker geword toe 'n sterk oostewind swart rook oor die dorp na die Atlantiese Oseaan gewaai het. Die wind het ook die brand vinniger aangewaai, en het dit moeilik gemaak om die situasie onder beheer te bring.
Al die brandbestryders van Swakopmund het probeer om die huise van die inwoners aan die verre oostekant van Mondesa – naby die informele nedersetting DRC – te red, maar die brand het vinnig die huise verswelg. Die beste wat hulle kon doen, was om te verhoed dat die brand verder versprei.
Inwoners wat geraak is, het hul besittings (of dít wat gered kon word) van die vlamme af weggesleep.
"Dít is wat gebeur as ons nie behoorlike huise het nie. Die politici belowe ons huise, maar ons wag nog. Nou het ons niks,” huil me. Rosa Nanus, wie se woning vernietig is.
“Al wat ek nou het, is wat ek aanhet.”
Die polisie moet nog 'n amptelike verklaring oor die voorval uitreik, maar ons susterkoerant Erongo 24/7 het van die brandbestryders verneem dat niemand in die brand dood is nie.
EEN STERF IN NOG ’N BRAND
Enkele ure voor die brand in Mondesa het ’n 34-jarige man binne sy plakkershuis in die DRC-nedersetting doodgebrand.
Volgens 'n polisieverslag het dié brand omstreeks 01:00 uitgebreek.
Na bewering het ’n manlike inwoner (63) wakker geword van die reuk van rook. Hy het uitgegaan om ondersoek in te stel en gesien die huis se dak is aan die brand.
Hy het terug na binne gehaas om sy seun (34) wakker te maak, wat ’n hoesbui weens die rook gehad het.
Hy het probeer om sy seun en sy huis te red, en al wat hy kon doen was om die vuur met water te probeer blus, maar die vlamme het te vinnig versprei.
Die Swakopmundse brandweer was op die toneel en het daarin geslaag om die brand te blus, maar kon nie die seun red nie. Die brand het die plakkershuis en die inhoud vernietig.
Die oorsaak van die brand is nog onbekend en word ondersoek, het polisiebronne gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie