Die sonopkoms gisteroggend in Windhoek met die rookmis. Foto Tanja Bause
Die sonopkoms gisteroggend in Windhoek met die rookmis. Foto Tanja Bause

Brande veroorsaak rookmis

Frank Steffen,Tanja Bause,Wazon Gastredakteur,Tanja Bause
Tanja Kipke – In die laaste paar weke het nuus van veldbrande die wêreld herhaaldelik geruk.

In Hawai het ’n brand meer as 100 lewens geëis, in Brasilië is ’n groot deel van die Amasone-reënwoud verwoes, en in Europa word vakansieoorde op die Griekse eilande tans deur brande vernietig.

Satellietbeelde van Nasa se Hulpbronbestuurstelsel vir brandinligting (Firm) wys dat die meeste brande tans in Sentraal-Afrika woed. Dié brande strek vanaf Angola oor die Kongo en Mosambiek tot by Madagaskar.

Die omvang is kommerwekkend, maar word dikwels in die streke benodig. Duisende mense sak elke Augustus op die Afrika-savannas toe en steek doelbewus droë grasvelde aan die brand.

Hierdie grootskaalse brande is soms welkom in die droë seisoen. Voedingstowwe van die dooie plante word in die grond vrygestel, en die grond word skoongemaak sodat nuwe gras kan groei, verduidelik Nasa se navorsers in ’n studie.

Alhoewel die brande noodsaaklik is, veroorsaak dit ook besoedeling. ’n Digte rookwolk hang elke jaar vir weke gedurende die brandseisoen in die lug. Die gasse reageer met die hitte en vorm osoon. Dit kan lei tot respiratoriese siektes, kan longweefsel vernietig en ernstige skade aan gewasse aanrig.

Firm rapporteer tans meestal brande in die noordooste (Kavango en Zambezi) van die land, wat lei tot rookmis oraloor die streke.

Volgens Windy.com-radar en foto’s op Facebook het ’n veldbrand die afgelope paar dae ook op die B6 tussen Seeis en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako – noordoos van Windhoek – gewoed. Die oostewind het glo gister die rook oor die stad gewaai, wat die huidige rookmis verklaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!