‘Doen stappe vir droogtetoestande’
Droër maande volg op Januarie-reën
Die meeste van die bogemiddelde reënval wat gedurende Januarie oor die sentrale en noordelike dele van die land ontvang is, is gevolg deur min reën in die daaropvolgende maande.
Ellanie Smit - Die Namibiese Meteorologiese Dienste (NMS) het die regering aangeraai om ’n droogtetoestand in sekere dele van Namibië te verklaar sodat toepaslike stappe gedoen kan word om die impak te versag.
NMS het in sy jongste reënvalbulletin gesê April was meestal ’n droë maand vir Kavango-Oos, Zambezi, ||Kharas, oostelike Otjozondjupa, noordoostelike Omaheke, westelike Erongo en die westelike deel van die Kunenestreek.
Sekere kolle in Khomas (Windhoek), Hardap (Plaas Gomchanas Ost), Kunene (Plaas Ronesterkop), Oshikoto (Namutoni) en Otjizondjupa (Plaas Klein Huis) het egter byna twee keer hul maandelikse reënval ontvang.
“Die grootste deel van die land het gedurende April ondergemiddelde reënval ontvang, terwyl sekere kolle bogemiddelde reënval ontvang het.”
Die verslag het opgemerk dat die meeste van die bogemiddelde reënval wat gedurende Januarie oor die sentrale en noordelike dele van die land ontvang is, van minder belang is weens ’n gebrek aan opvolgreën in die daaropvolgende maande.
Gevolglik het die grootste deel van die noordelike streke die reënseisoen met gemiddelde reënvalsyfers afgesluit, behalwe Kunene, Omusati, Oshana en westelike Oshikoto.
Die grootste deel van ||Kharas, Hardap, Erongo, Kunene, Omusati, Oshana, westelike Omaheke en die Oshikotostreek het ondergemiddelde reënval ervaar.
UITERSTES
NMS sê na twee opeenvolgende seisoene van bogemiddelde reënval, het Karasburg in die ||Kharasstreek slegs 21,4 mm gedurende die afgelope seisoen ontvang, wat tot uiterste droogte gelei het.
“Beskikbare data toon dat dit die vyfde droogste reënseisoen is nadat daar in 1913 begin rekord hou is. Die situasie in die Karasburg-omgewing word verder gekompliseer deur die veldbrand, wat verlede jaar groot dele plaasgrond (sowat 40 plase) vernietig het.”
Luidens die verslag het Plaas Aruab in die Berseba-kiesafdeling in erge droogtetoestande verval ná ’n nat 2021-’22-reënvalseisoen.
“As net 0,8 mm minder reën by Aroab geval het, sou dit in die kategorie van uiterste droogte geval het.”
Maltahöhe in die Hardap-kiesafdeling het ná twee opeenvolgende reënseisoene van bogemiddelde reënval gemiddeld 54 mm gedurende die 2022-’23-reënvalseisoen ontvang.
GROOTMAAT REëN
Omaruru in die Erongostreek het 149,6 mm ontvang, waarvan 70% gedurende Januarie geval het. Dit is gevolg deur ’n relatief droë Februarie, Maart en April.
Tussen 60% en 80% van die reënval oor die grootste deel van die Kunenestreek is gedurende Januariemaand waargeneem, gevolg deur min tot geen reën vanaf Februarie tot April.
“Daar is ’n paar plekke in die streek wat geen reënval gedurende die 2022-’23-seisoen gemeet het nie, soos Sorris Sorris en Môre Wag. Kamanjab in die Kunenestreek verduur ’n tweede agtereenvolgende droogteseisoen, wat as uiters gekategoriseer word vir 2022-’23.”
Die verslag het uitgelig dat die situasie in die Omusatistreek gekompliseer word deur laat en kort reëns gedurende die 2021-’22-reënvalseisoen, gevolg deur ’n skerp oneweredige verspreiding van reënval.
Outapi het 85% van sy totaal van 382,7 mm reën vir die seisoen gedurende Januarie ontvang, terwyl Oshikuku 65% van 143 mm gedurende dieselfde maand ontvang het.
Beskikbare rekords wat vanaf 1902 bygehou is, toon dat Ondangwa sy sesde droogste reënvalseisoen beleef het en slegs 188,1 mm gedurende die seisoen opgeteken het. Dit is die derde agtereenvolgende droë reënvalseisoen ná die nat 2019-’20-seisoen, luidens die verslag.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie