Dokters 'tevrede' met brandslagoffers se vordering
Wêreldberoemde dr. Wayne Kleintjies reg om te help
Die Rehoboth-brandslagoffers wat in 'n intensiewesorgeenheid in Kaapstad behandel word, se toestand is stabiel.
Die beroemde plastiese chirurg en brandwondspesialis van die Tygerberg-hospitaal by Kaapstad, dr. Wayne Kleintjies, sê hy is gereed om met die behandeling van die twee brandslagoffers van Rehoboth te help indien die spesialiste wat hulle tans behandel, hom sou nader.
Kleintjies, hoof van dié hospitaal se eenheid vir volwassenes met brandwonde, is ‘n boorling van Rehoboth. Hy het gister in ‘n telefoniese onderhoud aan Republikein gesê die plan was om mnr. Enrico (Toes) Junius en sy vriend, mnr. Quinton (Doefie) Diergaardt, Donderdag na Tygerberg te vervoer, maar aangesien daar nie in daardie stadium beddens beskikbaar was nie, het hy gereël dat hulle na die Louis Leipoldt-hospitaal gaan waar hy hulle sou behandel.
Dié boodskap het egter nie die spesialis by die Rooms-Katolieke hospitaal in Windhoek betyds bereik nie, en reëlings was toe reeds getref om hulle met ‘n noodvlug na die Life Kingsbury-hospitaal in Kaapstad te neem.
Kleintjies het in 2015 internasionale roem verwerf toe hy ‘n tegniek ontwikkel het om vel wat van 'n pasiënt geoes is, in ‘n broeikas te kweek en op die pasiënt oor te plant. Dit was ’n wêreld-eerste.
Junius en Diergaardt is Woensdagmiddag op eersgenoemde se plaas Waldesruhe suid van Rehoboth deur vlamme oorval toe hulle met brandbestryding besig was.
Werkers was besig om ’n plaashek te sweis toe vonke die gras aan die brand gesteek het.
Boere, vrywilligers, die dorp se brandweer en amptenare van die dorpsraad asook die Namibiese polisie het die afgelope vyf dae onvermoeid geveg om die reuseveldbrand wat deur sterk wind aangedryf is, onder beheer te bring.
INTENSIEWESORG
Kleintjies sê hulle is in die intensiewesorgeenheid en hul toestand is kritiek, maar stabiel. Junius het 60 persent brandwonde opgedoen en Diergaardt 55 persent.
Hulle word deur longspesialiste, interniste en nierspesialiste behandel met wie hy in gesprek is.
“In die akute fase is asemhalingsnood 'n belangrike komplikasie. ” sê hy. Vogverlies vanweë oop velwonde kan dikwels ook tot komplikasies lei, en daarom word nierfunksie noukeurig gemonitor.
"Afhangend van hoe diep die brandwonde is, kan infeksiebeheer ‘n uitdaging wees," sê Kleintjies.
Hy sê punte word volgens die ernstigheidsindeks aan brandwondpasiënte toegeken en dit gee 'n aanduiding van hul prognose.
Mans het ’n beter kans op herstel as vroue, en jonger mense as ouer mense, sê hy.
Verder word ’n punt toegeken vir elke 10 persent brandwonde op die liggaam. Hoe hoër die punt op die indeks, hoe swakker die prognose, sê Kleintjies.
Intussen het die burgemeestersvrou, me. Cecilia Junius, gister uit Kaapstap gesê die dokters is tevrede met haar man en Diergaardt se vordering.
“Daar is elke dag klein bietjie vordering. Die dokter sê solank die vitals (lewenstekens) en organe 100% is, is hulle nie bekommerd nie.
“Hulle waak net teen infleksie,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie