Duitsland gee N$19 m. vir droogtehulp
Duitsland sal tot September vanjaar droogtehulp van N$19 miljoen aan Namibië verskaf deur sy program “Mededingende en klimaatbestande landbou- en voedselbedryf”. Die doel is om Namibiese voedselprodusente te ondersteun om by klimaatsverandering aan te pas, wat reeds duidelik in Namibië sigbaar is, veral deur die toename in droogtes. Doeltreffende en hulpbronbesparende waterbestuur is dus een van die kernaspekte van die program. As deel van die ontwikkelingsamewerking tussen Duitsland en Namibië, sal dié finansiële steun bykomend wees tot die deurlopende droogtehulp wat deur die Namibiese regering verskaf word. Foto ter illustrasie/Pexel
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie