Elf gesinne dakloos gelaat
Vrydag se reën oorstroom huise
Volgens die Windhoekse munisipaliteit het die geraakte gesinne buite die grenslyn van die rivierbedding gebou.
Yolanda Nel – Ná die hewige reën Vrydagnamiddag is 11 gesinne van die informele nedersetting Kapuka Nauyala in Windhoek dakloos gelaat.
“Die eindeksamens begin binnekort en my kinders het alles verloor,” het me. Emilia Naftal, ’n inwoner, gesê terwyl sy na die skoolboeke in die modder gewys het.
“Die kinders is baie bang en deurmekaar. Ek kan hulle nie gerus stel of troos nie omdat ek ook nie weet wat volgende gaan gebeur nie.”
Volgens die inwoners het hulle die munisipaliteit in kennis gestel toe hulle besef daar is ’n probleem. Werknemers van die munisipaliteit het egter eers na 17:00 opgedaag toe die skade reeds aangerig is.
“Die munisipaliteit het niks vir ons gedoen nie. Hulle het nie kos of akkommodasie vir ons vir Vrydagnag aangebied nie. Ons het die hele nag op stoele by ons besittings gesit en dit opgepas. Die water het die meeste van ons goed meegesleur, insluitend ons identiteitsdokumente en rybewyse. Ons weet nie waar ons na dit moet begin soek nie,” het Naftal gesê.
Een inwoner wat anoniem wou bly, het gesê die water het sy vuurwapen en wapenlisensie meegesleur.
Inwoners was Saterdag besig om modderbedekte matrasse in die son te sit met die hoop dat dit voor donker droog sou wees.
Volgens mnr. Abe Hamutenya van die brand-en noodafdeling by die munisipaliteit, het die geraakte inwoners buite die grenslyn van die rivierbedding gebou, wat dit veral gedurende die reënseisoen onveilig maak.
“Hulle word nou geraak; nou het dit ons probleem geword en ons moet help,” het hy gesê.
Hy het gesê spanne van die stormwaterdepartement moet die situasie kom evalueer en leiding gee.
“Dit is ’n probleem, want daar is nog reën op pad.”
Nog ’n inwoner, mnr. Iileka Shetunyenga, het gesê hy bel die munisipaliteit al sedert Augustus en sê hy het geweet daar sal ’n probleem kom sodra die reënseisoen begin.
“Die munisipaliteit het vyf maande gelede ’n vullishouer hier verwyder. Ons het geen plek meer gehad om van ons vullis ontslae te raak nie.”
Dit kon nie deur die munisipaliteit bevestig word nie.
Shetuntenga het bygevoeg die inwoners het die rivierbedding as ’n stortingsterrein begin gebruik.
“Die vullis het ’n blokkasie veroorsaak en toe die reën gekom het, kon die water nêrens heen vloei as op en deur die huise nie. Dit is hoekom die huise oorstroom het.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie