Ernstige voedselonsekerheid vir 800 000 Namibiërs
Hardnekkige tendens
Met nuwe voedselprysdata en metodologiese verbeterings kon meer as 2,8 miljard mense in 2022 nie 'n gesonde dieet bekostig nie.
Ongeveer 800 000 Namibiërs het in 2023 ernstige voedselonsekerheid ervaar, terwyl 600 000 ondervoed was.
Die inligting is vervat uit die jongste verslag van die Verenigde Nasies (VN) wat fokus op die toestand van voedselsekuriteit en voeding in die wêreld. Volgens die verslag kan ongeveer 60% van Namibiërs nie ’n gesonde dieet bekostig wat ongeveer US$3,65 (ongeveer N$77) per persoon per dag kos nie.
In Afrika het een uit elke vyf mense in 2023 honger gely, vergeleke met een uit 11 mense wêreldwyd.
Ten spyte van ’n mate van vordering op spesifieke gebiede soos vertraagde groei en eksklusiewe borsvoeding, het ’n kommerwekkende aantal mense steeds voedselonsekerheid en wanvoeding ervaar te midde van hongervlakke wat wêreldwyd vir drie agtereenvolgende jare gestabiliseer het. Tussen 713 en 757 miljoen mense was as gevolg hiervan in 2023 ondervoed - dit is ongeveer 152 miljoen meer as in 2019 as die gemiddeld van 733 miljoen in ag geneem word.
Die bevolking wat honger ly in Afrika het toegeneem tot 20.4%. Volgens die verslag sal ongeveer 582 miljoen mense in 2030 chronies ondervoed wees, sou huidige tendense voortduur. Die helfte van die miljoene sal na verwagting Afrikane wees.
In 2023 het ongeveer 2,33 miljard mense wêreldwyd matige of ernstige voedselonsekerheid ervaar, ’n getal wat geensins noemenswaardig verander het sedert die skerp toename in 2020 tydens die Covid-19-pandemie nie.
Onder hulle het meer as 864 miljoen mense ernstige voedselonsekerheid ervaar en was sonder kos vir 'n hele dag of langer. Diè getal het sedert 2020 hardnekkig hoog gebly, veral in Afrika waar 58% van die bevolking matige of ernstige voedselonsekerheid ervaar. Die gebrek aan ekonomiese toegang tot gesonde diëte bly ook ’n kritieke kwessie, wat meer as ’n derde van die wêreldbevolking raak.
Met nuwe voedselprysdata en metodologiese verbeterings kon meer as 2,8 miljard mense in 2022 nie ’n gesonde dieet bekostig nie. Hierdie gaping is die mees algemeen in lae-inkomstelande, waar 71,5% van die bevolking nie ’n gesonde dieet kan bekostig nie, in vergelyking met 6.3% in hoë-inkomstelande. Opmerklik is dat die getal onder die vlakke van voor die pandemie in Asië en in Noord-Amerika en Europa gedaal het, terwyl dit aansienlik in Afrika toegeneem het.
Die verslag dui daarop dat voedselonsekerheid en wanvoeding verswak as gevolg van ’n kombinasie van faktore, insluitend aanhoudende voedselprysinflasie wat voortgaan om ekonomiese winste vir baie mense in baie lande uit te wis. Die grootste dryfvere soos konflik, klimaatsverandering en ekonomiese terugslae neem toe. Diè kwessies, tesame met onderliggende faktore soos onbekostigbare gesonde diëte, ongesonde voedselomgewings en aanhoudende ongelykheid, val nou gelyktydig saam en wat hul individuele uitwerking versterk.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie