Gamsberg in vlamme
Die veldbrand wat verlede week Woensdag aan die voet van die Gamsberg begin het, was teen druktyd gister nog nie in bedwang nie.
Volgens Joachim Kranz was weerlig die oorsaak van die brand op die plaas Corona of Picadilli.
“Die brand het van die Namib se kant af in die berg inbeweeg. Aangesien die gras nat en groen is, het die brand stadig versprei en ons het aanvanklik nie eens besef dat dit brand nie. Ons het eers die namiddag die brand gewaar toe die wind begin waai het. Ons kon nie by die vlamme uitkom nie omdat die gebied ontoeganklik is. Die brand het van die westekant af teen die berg opbeweeg en toe in twee verdeel en na die suide en noordweste versprei.”
Kranz het saam met ’n ander boer die berg opgegaan en toe eers besef dat die plato heeltemal afgebrand het.
“Ons was verbaas toe ons dit sien. Niemand het dit eens agtergekom nie. Die infrastruktuur bo-op die berg is glad nie beskadig nie. Die huise, MTC-toring en sonpanele is onbeskadig. Ons het van bo gesien dat die brand in twee gedeel het. Die brand is Dinsdag weer die berg af en het weer in Corona se rigting gedraai. Dit is Woensdag die een berghang op en nou die ander een af,” het hy gesê.
Volgens Sunja van Heerden kon hulle nie die brand vroeër begin bestry nie as gevolg van die ontoeganklikheid van die gebied.
“Ons maak nou voorbrande op die vlaktes aan die voet van die berg. Op Corona het die voorpunt van die brand Dinsdag oor sowat 10 kilometer gestrek. Ons is besig met ’n voorbrand al teen die Gamsberg af aan die oostekant, om te keer dat die brand verder noord en noordoos versprei. Die vuur kom nou ook vanuit die kranse na die plaas Weener en Gamsberg op die suidoostekant. Ons het daar ook groterige voorbrande gemaak, maar by dele op Weener sal ons moet wag tot die brand teen die berg afbeweeg. Dit kan iewers deur die nag gebeur.”
Volgens Piet van Rooyen het boere van so ver as 80 kilometer weg kom help om die brand te bestry.
“Ons het Maandag vir die eerste keer behoorlik die omvang van die brand besef en bymekaargekom om te besluit wat ons kan doen.
“Ons was sowat 14 voertuie en 100 mense wat bymekaargekom het. Ons het Dinsdag om 09:00 begin opklim en was onverrigter sake so teen 12:00 terug. Ons het toe met voorbrande begin en die hele nag deurgewerk. Mense was Dinsdagoggend nog met voorbrande besig om te verhoed dat die brand versprei as die wind draai.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie