Hulp vir Windhoek se vloedslagoffers
Die regering het ingespring om die Stad Windhoek te help om die slagoffers van die naweek se kitsvloede te help. Die kantoor van die eerste minister, ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling en die |Khomasstreeksraad is by die ondersteuning betrokke.
Volgens die woordvoerder van die |Khomas-streeksraad se woordvoerder Mekeloye Lao Nambili, neem die munisipaliteit die voortou in pogings om die lot van sowat 282 huishoudings te verbeter.
Die stad het grond op Plaas 508 tussen Goreangab en die Ongos Vallei-ontwikkeling beskikbaar gestel waar gister tente opgerig is om die 1 189 inwoners wat haweloos gelaat is, tydelik te huisves. Teen gistermiddag was agt van die 5 m x 5 m tente opgerig. Vyftig tente sal volgens beplanning opgeslaan word, het Stad Windhoek se woordvoerder Lydia Amutenya bevestig.
Die kantoor van die eerste minister het kospakkies beskikbaar gestel wat Maandag in Otjomuise uitgedeel is wat die ergste geraak is. Die kospakkies word eenmalig per huishouding versprei deur die streeksraad, terwyl die kantoor van die eerste minister die tente en ook matrasse beskikbaar stel.
Twee gemeenskapstoilette is deur die vloedwaters in Agste Laan weggespoel, en moet nog vervang word. Rivierbeddings word ook skoon gemaak om herhaling van oorstromings te vermy. 'n Bewusmakingsveldtog sal ook van stapel gestuur word oor watter gebiede in die hoofstad die grootste gevaar vir kitsvloede inhou, terwyl inwoners ook daaraan herinner word om nie hul huise in rivierlope op te rig nie. Die gemeenskapsaktivis Shaun Garisb het ook die munisipaliteit genader oor ander gebiede in Windhoek waar die gevaar van kitsvloede steeds dreig. Hy verwys na die gebied agter die primêre skool Namibia in Marula en Rykmansdorp waar ‘n klein gemeenskap naby die rivier in Grysblok hulself gevestig het. Tydens 'n kitsvloed is die brug hier volgens Gariseb byna deur die vloedwater weggespoel. Ook by Sonderwater in Shandumbala in Katutura-Oos bly mense direk onder hoëspanning-kragdrade wat volgens hom ‘n gevaar inhou, sê Gariseb. Inwoners kamp ook sedert verlede jaar in die rivierloop in Herero Lokasie, by die kruising van Mungunda- en August Tjaapastraa, terwyl daar ook 'n groep inwoners bly in 'n nedersetting bekend as Eiland in Clemence Kapuuostraat waar drie lewens Vrydag weens die vloedwaters in gevaar was. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie