Onsigbare slagoffers van ’n veldbrand
Talle diere het in die brand gesneuwel
Baie diere is so erg verkool dat die spesie nie uitmaak kan word nie
Die veldbrand wat op 14 September tussen Omaruru en Kalkfeld veral op die plaas Okosongoro van Familie Peter Clausen gewoed het, het nie net die helfte van die weiding en veld vernietig nie.
Talle diere het doodgebrand of is in die vuur beseer.
“Die brand het op die buurplaas begin, maar ons het die grootste skade gely. Sowat 3 000 hektaar is afgebrand. Die helfte van ons wildparadys is verwoes.”
Volgens hom het die brand omstreeks 15:00 op Okosongoro begin en het hulle die brand tot in die vroe oggenduure 2:00h bestry.
“Ons het baie hulp met die brandbestryding gekry. Die Kalkfeld boeregemeenskap sowel as vrywilligers het van Otjiwarongo en oral af gekom om te help. Dit was ’n reuse & bitter warm vuur. Alles is swart. Die bome het uitgebrand en nou sien jy die wit as soos mosaiek sneeu op die swart lê. Dit is ongelooflik.”
In die wildkamp was ten minstens vyf volstruisneste met elk tussen 20 en 30 eiers waarvan Clausen bewus was. Vier van die neste se eiers is vernietig.
“Die eiers het van die hitte en vlamme gekook. Al die kuikens is in die eiers dood. Die volstruiswyfies het so lank soos hulle kon op die eiers bly sit om hulle te beskerm. Hulle het ongelukkig te laat opgespring om te vlug. Ons het van hulle ’n klein entjie van die neste gekry; hulle het doodgebrand. Op die een nes wat oor is, sit ’n volstruismannetjie. As by bly sit, beteken dit die wyfie lewe nog en die eiers dalk ook nog. Dalk is daar nog hoop vir hulle, maar dit sal ons mettertyd uitvind.”
Dit is egter nie al diere wat onder die vuur gely het nie. Clausen het talle ander verkoolde karkasse gevind asook diere wat brandwonde het of mank loop.
“Baie van die diere is so erg verkool dat ek nie die spesie kan uitmaak nie. Baie het op kole gestaan of oor dit geloop en hul pote/hoewe verbrand en nou is hulle mank. Ons vind nou nog wanneer ons in die veld ry doodgebrande diere, verkoolde karkasse of diere met brandwonde wat gevrek het. Net gister het ons weet op dooie wildebeeste afgekom.”
Foto’s van die verwoesting wat die brand gesaai het, is op die WhatsApp-groep Veldbrande Groep1 geplaas en een van die kommentare daarop was: “Die volstruiswyfie naby die nes het duur betaal om haar kroos te beskerm. Miskien sal dit mense laat dink voordat hulle enigiets doen wat ’n veldbrand kan veroorsaak. Dit is die slagoffers wat nie ’n stem het nie.
“Mag almal ter harte neem dat dit nie net gras en besittings is wat daaronder ly nie. Daar lê twee generasies van die lewe!”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie