• Tuisblad
  • Rampe
  • #PasIn: Skytents skenk vir vloedgeteisterde Ohangwena

#PasIn: Skytents skenk vir vloedgeteisterde Ohangwena

Elvira Hattingh
Skytents, ‘n filiaamaatskappy van RND Holdings (pty)Ltd, het tente, matrasse en komberse geskenk aan sowat 20 huishoudings wat in die vloedgeteisterde gebiede in die Ohangwena-streek woon.

Dit kom ná ‘n beroep vir ondersteuning vir die gebiede deur Saara Kuugongelwa-Amadhila, Namibië se eerste minister.

Die skenkings is namens die streek se goewerneur deur die voorsitter van Ohangwena se streeksraad, Fillipus Shilongo, ontvang.

Kuugongelwa-Amadhila was onlangs op ‘n drie dae lange besoek aan die noordelike streke, wat deur die sogenaamde Efundja, of vloedwater uit Angola, geraak is. Sy het toe ‘n versoek aan die publiek en private sektor gedoen om mense in die gebiede by te staan.

Tydens die oorhandiging van die skenkings het Hellen Likando, direkteur vir risikobestuur in die kantoor van die eerste minister, haar waardering uitgespreek. “Ons het skenkings van verskeie sektore ontvang en dit is goed om te sien dat nywerheidsleiers saamstaan om die lewens van ons landburgers weer terug op koers te plaas.”

#RepNuus

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!