Sakke voer ‘is wel vir droogtehulp’

Word tydelik by Reho Spa gestoor
Die sakke sal glo in die komende dae na omliggende plase geneem en aan boere uitgedeel word.
Augetto Graig
Sosiale media gons behoorlik sedert sakke voer die afgelope naweek op Rehoboth by die Reho Spa ontdek is.

Die goewerneur van die Hardapstreek, Solomon April, het egter bevestig dat die sakke bestem is om boere in die Rehoboth-gebied te help.

Hy sal glo in die komende dae begin om dié sakke aan plekke soos Rietoog te versprei as deel van die staat se droogtehulpprogram.

Die 300 sakke by die Reho Spa was glo deel van 600 sakke wat Swapo aan die kantoor van die goewerneur geskenk het om kwesbare Namibiërs te help om tydens die erge droogte te oorleef. Die ander 300 sakke is reeds na Mariental vervoer waar dit na omliggende plase versprei sal word.

Volgens April het Swapo die voer by skenkers gekry en besluit om dit aan sy kantoor te skenk omdat hulle glo reeds by die droogtehulpprogram betrokke is. April het ook ontken dat die voer slegs vir Swapo-ondersteuners bedoel is.

“Die ekonomie vra nie aan water party jy behoort nie,” het hy gesê en bygevoeg dat begunstigdes wat vooraf geïdentifiseer is daarby sal baat.

Die waarnemende uitvoerende hoof van Rehoboth se munisipaliteit, Ronald Windswaai, het ook aan Network Media Hub (NMH) bevestig dat alles in orde is. Hy het gesê dat die goewerneur se kantoor hom vooraf in kennis gestel het van die voersakke en gevra het of dit by die Reho Spa gestoor kan word.

“Die kantoor van die goewerneur is die hoof van rampbestuur en ons het die besending verwag, maar dit het hier aangekom toe die goeweneur en die burgemeester uitstedig was.

“Daar is besluit om dit tydelik daar te stoor, alhoewel die amptelike memo nooit hier uitgekom het nie. As dorpsraad moet ons die regering bystaan en ek het net gister met die goewerneur daaroor gepraat,” het hy bygevoeg.

Die voer word al vir byna drie weke by die Reho Spa gestoor, wat tans leeg staan.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!