Skokbevindings oor droogtehulpprogram
Implementering nie behoorlik gemonitor
'n Ouditverslag lig uit dat voer wat deur die regering verskaf is, bederf het voordat dit aan die boere uitgedeel kon word.
Ellanie Smit - Droogtehulp is nie aan die geregistreerde begunstigdes verskaf ten tyde van hul nood nie, terwyl voedsel nie op ’n maandelikse basis en in die vereiste hoeveelheid voorsien is nie.
Dit is slegs van die bevindinge in die ouditverslag oor die bestuur van die regering se droogtehulpprogram vir die twee boekjare waarin droogtes verklaar is, naamlik 2015-’16 en 2019-’20 met die verlenging tot Maart 2022.
Die program val onder die kantoor van die eerste minister en die ministerie van landbou, water en grondhervorming.
Luidens die verslag deur die ouditeur-generaal, Junias Kandjeke, het die oudit opgemerk dat die eerste minister se kantoor die kwesbaarheidsbeoordelings deur die Namibia Vulnerability Assessment Committee (NamVAC) gedoen het voordat die droogtehulpprogramme vir die betrokke reaksietydperke geïmplementeer is.
Die assesserings was nodig om die aantal landsburgers te bepaal wat deur die droogte geraak word en wat voedselbystand en ingrypings vir lewensonderhoud benodig. Dit is ook gebruik om kriteria te ontwikkel as ’n instrument wat gebruik kan word in die identifisering van huishoudings wat voedselonsekerheid ervaar om uiteindelik begunstigdes te kan uitwys.
Volgens die verslag het die kwesbaarheidsbeoordeling wat gedurende 2015-’16 gedoen is, al die landelike sones in al 14 streke gedek, terwyl daar in die 2019-’20-droogtetydperk slegs 1 833 (55%) uit 3 300 landelike huishoudings geteiken is en 1 028 (60%) uit 1 695 stedelike huishoudings is in 12 streke landswyd beoordeel.
Daarbenewens is die ||Kharas- en Khomasstreek nie gedurende die 2019-’20-droogtetydperk beoordeel nie.
Die assesserings het geraam dat daar 578 480 begunstigdes vir die droogtehulpprogram in 2015-’16 sou wees en 257 383 vir 2019-’20.
Hoewel 578 480 begunstigdes wel vir 2015-’16 geregistreer is, is altesaam 908 018 vir die 2019-’20-tydperk geregistreer.
Die oudit het daarop gewys dat voedselverspreiding onder die droogtehulpprogram op ’n maandelikse basis gedoen is – soos vereis.
Volgens die verslag is meer mense geregistreer omdat tradisionele owerhede nie tydens die registrasieproses aan die kriteria voldoen het nie. Die kriteria is ook nie goed gekommunikeer nie, wat wanopvattings veroorsaak het en daarom is mense wat nie sou kwalifiseer nie, geregistreer en het hulle voedselhulp ontvang.
“Dit was omdat kos ook nie maandeliks van die verskaffers ontvang is nie.”
Boonop is voedsel ook nie in volle pakkette – wat kookolie, mieliemeel en blikvis ingesluit het – uitgedeel nie, aangesien sommige items lank geneem het om by die streekraad se pakhuise aan te kom, wat daartoe gelei het dat hulle alles wat hulle ontvang het, versprei het.
Volgens die ouditverslag het gemeenskapslede hoofsaaklik die items versprei – sonder toesig van óf die kiesafdeling óf die streekraad se kantoor.
Daar was ook glo groot vertragings met die verwerking van boere se eise met betrekking tot die lewensbestaan-ingrypings.
Die verslag lig uit dat voer wat deur die regering verskaf is, bederf het voordat dit aan die boere uitgedeel kon word.
Verder is bevind dat die kantoor van die eerste minister nie die implementering van die droogtehulpprogram voldoende gemonitor het nie.
“Alhoewel die kantoor van die eerste minister veldbesoeke gedurende 2019-’20 gedoen het, is geen aanbevelings in verslae oor dié besoeke gemaak nie en daar was geen aanduiding van reaksie op uitdagings wat geïdentifiseer is nie.”
Vorderingsverslae oor die implementering van die droogtehulpprogram is nie gereeld opgestel nie en ’n impakbeoordeling is ook nie gedoen om die doeltreffendheid daarvan te bepaal om data vir toekomstige beplanning beskikbaar te stel nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie