Usakos-gemeenskap help om brand te blus
“Mense het uit ander woonbuurte gekom en net begin help en begin om goed uit te dra – dis ongelooflik hoe die gemeenskap sommer net help,” sê Corrie McDonald-Smith oor die brand wat laat Maandagmiddag by die Nubeb-gastehuis op Usakos uitgebreek het.
Corrie verduidelik die brand het omstreeks 19:00 uitgebreek nadat reën en donderweer op Usakos uitgesak het.
“Jy kan baie duidelik sien waar die weerlig die elektriese drade getref het,” sê sy oor die oorsaak van die brand wat in haar tannie se wooneenheid by die gastehuis begin het.
Met die hulp van gemeenskapslede het die brand egter nie na die res van die gastehuis versprei nie.
“In daardie stadium het Usakos geen water gehad nie, so Pitbull Tow-In het onmiddellik met hul brandblusser opgedaag, Engen het vir ons brandblussers gegee en UTC (Usakos se dorpsraad) het ons met hul watertenkwaens gehelp.
“Ons is baie dankbaar, want ons het later al tien brandblussers in die gastehuis opgebruik en sonder die brandblussers sou die vlamme baie verder versprei het,” verduidelik Corrie.
Hoewel twee kamers brandskade het, sê Corrie met verligting dat niemand beseer is nie. Alet Taljaard (69) het egter al haar besittings in die brand verloor.
Volgens Corrie het hulle tot laat Maandagaand by die gastehuis gebly om seker te maak dat die brand nie weer vlamvat nie.
“Dit was so warm daar binne dat die dakbalke weer begin gloei het, so ons was tot omtrent 10 uur daar om dit onder beheer te hou,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie