Woermann Brock op Gobabis in ligte laaie
’n Brand het omstreeks 06:00 Dinsdag in die Woermann Brock-supermark in Gobabis uitgebreek, met die munisipale brandweer wat drie uur later nog gespook het om die vlamme te blus.
Braam van Niekerk, die groep se algemene bestuurder, het by navraag gesê die volle omvang van die skade kon nog nie vasgestel word nie. Die oorsaak van die brand is ook nog nie bekend nie en die ondersoek duur voort.
Die aanname volgens Van Niekerk is dat die teenwoordigheid van vlambare produkte wat tipies in ’n supermark gevind word, daartoe bygedra het dat die brand vinnig versprei het.
Niemand is in die voorval beseer nie.
In Oktober verlede jaar het ’n brand ook groot skade aan die Woermann Brock-supermark op Ombili aangerig.
Van Niekerk het beklemtoon daar is geen rede om enige verband tussen die twee voorvalle te vermoed nie. Volgens hom is die oorsaak van die Ombili-brand geïdentifiseer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie