DOCUMENTED: Home affairs executive director Etienne Maritz. Photo FILE
DOCUMENTED: Home affairs executive director Etienne Maritz. Photo FILE

50 000 registreer vir geboorte/id

STAFF REPORTER
As deel van 'n inisiatief om te verseker dat elke inwoner in Namibië die nodige dokumente het, het die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit Maandag sy teiken bereik om 50 000 mense vir geboortesertifikate en identiteitsdokumente te registreer. Dit vorm deel van die ministerie se voortgesette massa registrasieveldtog wat op 5 Februarie begin het en voortduur tot 30 Julie.

Die ministerie se uitvoerende direkteur Etienne Maritz het in 'n verklaring gesê dit is 'n beduidende mylpaal in die ministerie se pogings om omvattende registrasie van geboortes en ook identifikasie te verseker.

"Die massa registrasieveldtog het wydverspreide deelname in al 14 streke gehad. Ons het tot dusver geboortesertifikate en identiteitsdokumente vir 'n totaal van 50 833 Namibiërs geregistreer," het Maritz gesê. Die veldtog sluit ook die uitreik van duplikaat geboortesertifikate sowel as identiteitsdokumente in. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!