70% van land se SME’s misluk

Moet nie net werksoekers wees nie
Sowat tweederdes van klein- en medium-ondernemings misluk skaars 'n jaar nadat hulle met hul bedrywighede begin het.
Mariud Ngula
’n Parlementslid vir die Popular Democratic Movement (PDM), Maximilliant Katjimune, het wyle president Hage Geingob se bekende frase en beroep op die Namibiese jeug om hul eie werk te skep, afgeskiet.

“‘Skep jou eie werk’ is basies ’n misleidende voorstel omdat dit net in beginsel reg is, maar verkeerd vooropgestel word,” het hy gesê.

In reaksie op ’n mosie om klein- en medium-ondernemings (SME’s) te ondersteun, wat Katjimune vroeër vandeesmaand by die parlement ingedien het, het hy gesê sowat 70% van die land se SME’s misluk voor die besighede met hul bedrywighede begin.

“Ons het gevind dit is die geval omdat daar geen finansiële ondersteuning aan die kant van die regering vir SME’s is nie. Dan plaas jy ’n vraag in hierdie retoriek dat ons ons eie werksgeleenthede moet skep en nie net werksoekers moet wees nie.

“Watter werksgeleenthede gaan geskep word as 70% van SME’s misluk byna ’n jaar nadat hulle met hul werksaamhede begin het?” het hy gevra.

Die parlementariër het dié opmerkings gemaak tydens die #NamibiaDecides-paneelbespreking wat deur Republikein se susterkoerant Namibian Sun se redakteur Toivo Ndjebela gelei is en wat op die tema “Resolving youth unemployment beyond the November election” gefokus het. Die regskenner en maatskaplike kommentator Fillemon Wise Immanuel, sowel as die akademikus en onafhanklike politieke ontleder Rui Tyitende was deel van die bespreking.

Katjimune het beklemtoon SME’s wat werksgeleenthede aan jong mense moet verskaf, word nie ondersteun nie.

“Hierdie retoriek wat herhaal word deur ons ministers van sport [Agnes Tjongarero]] en finansies [Ipumbu Shiimi] dat die jeug hul eie werksgeleenthede moet skep, is net ’n verskoning en dekmantel vir die feit dat die regering misluk het om die nodige werksgeleenthede beskikbaar te stel.

“Die jeug se besighede funksioneer nie, omdat hulle nie enige ondersteuning van die regering kry nie.”

Immanuel, ’n lid van die regerende party, het op sy beurt erken dat werkloosheid onder jong mense buitensporig hoog is. Hy het beklemtoon aangesien dit ’n verkiesingsjaar is, is dit die regte tyd om te besin oor hoe om die status quo op die pad vorentoe te hanteer.

“Om werkloosheid hok te slaan is nie net die verantwoordelikheid van die president van die land en die parlement nie.

“Instellings wat dikwels gelei word deur mense wat nie lede van Swapo is nie, kan ook aan boord kom en help om werkloosheid te takel,” het hy gesê.

“Natuurlik stop dit by die president. As jy aandag geskenk het aan Swapo se presidentskandidaat,

Netumbo Nandi-Ndaitwah, sou jy haar verbintenis gehoor het om verskeie ekonomiese uitdagings insluitend werkloosheid onder die jeug te takel. Sy was ook baie duidelik oor haar plan om die dormante groenskemas te laat herleef,” het hy gesê.

Met verwysing na jong mense se deelname aan die opkomende verkiesings het Tyitende gesê hy is bevrees daar is steeds ’n groot aantal jong mense wat nie belangstel om te registreer om te stem nie, omdat die meeste manifesto’s nie daarop gemik is om die jeug aan te moedig om te stem nie.

“Wanneer die registrasie om te stem eindig sal jy net ’n paar jong mense hê wat gaan stem, omdat die meeste nie daarby uitgekom het om te registreer nie,” het hy gesê. Die registrasieproses eindig môre.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Hollywoodbets Sharks XV 24 vs 18 Vodacom Bulls | Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.84 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Hollywoodbets Sharks XV 24 vs 18 Vodacom Bulls | Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Weather: Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.84 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007