Vivienne Katjiuongua Foto verskaf
Vivienne Katjiuongua Foto verskaf

ACC vrywaar Bipa-hoof

STAFF REPORTER
Die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) het die uitvoerende hoof van die Owerheid vir Sake- en Intellektuele Eiendom (Bipa), Vivienne Katjiuongua, gevrywaar van bewerings dat sy daarop aangedring het dat familielede by die agentskap in diens geneem word.

Die ondersoek is van stapel gestuur nadat Bipa-werknemers klagtes by die ministerie van nywerheidsontwikkeling en handel ingedien het oor beweerde swak werksomstandighede, afknouery, nepotisme en viktimisasie.

Die ACC het Katjiuongua begin ondersoek nadat hy ’n wenk ontvang het wat haar van korrupsie en nepotisme beskuldig het.

Sy was glo in beheer van die werwingsproses van ’n nabye familielid vir die pos van bestuurder vir besigheidstrategie.

Katjiuongua het gister bevestig dat Diana Katjiuongua in die pos aangestel is. Sy het ’n graad in siviele ingenieurswese, ondanks die feit dat die pos ’n meestersgraad in besigheidstrategie vereis.

Die ACC het ondersoek ingestel of die korrekte prosedures in ooreenstemming met die werwing- en keuringsbeleid van Bipa gevolg is. Katjiuongua is verlede week van die bewerings gevrywaar.

“Vivienne het ’n omvattende verduideliking onder eed verskaf wat deur relevante dokumente ondersteun word.

“Daar is niks om te bewys dat enige van die persone wat in die klagtes genoem word, met korrupte opset gewerf is nie,” het Paulus Noa, die direkteur-generaal van die ACC, in ’n brief gesê.

Noa het die persoon wat die saak by die ACC aanhangig gemaak het aangeraai om die voorsitter van Bipa se raad direk te betrek om hul ontevredenheid aan te meld en ’n moontlike verduideliking te eis.

Katjiuongua het gister aan Network Media Hub bevestig dat sy en Diana familie is.

“Diana is verlangs familie (deur grootouers) met relevante kwalifikasies en ondervinding,” het sy gesê.

Sy meen dat Diana – as ’n opgeleide professionele persoon – toegang behoort te hê tot dieselfde geleenthede as enige ander Namibiër.

“Solank dit op ’n deursigtige wyse en binne ’n organisasie se beleidsriglyn gedoen word,” het sy bygevoeg.

Sy het ook verduidelik dat Bipa se werwings- en keuringsbeleid die aanstelling van “onmiddellike familielede” belet en dat Diana nie onder daardie kategorie val nie.

“Hoewel Diana se opvoedkundige agtergrond in die veld van siviele ingenieurswese is, was haar ervaring grootliks op die gebied van besigheidsontwikkeling en in projekbestuur,” het Katjiuongua verder verduidelik.



ANDER KLAGTE

Katjiuongua was egter nie net op die ACC se radar nie. Die hoofsekretaris van die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu), Petrus Nevonga, het haar ook genader om antwoorde te soek oor aansprake wat werknemers oor hul werksomstandighede maak.

Nevonga het in Julie in ’n brief gesê hy is bekommerd oor die gespanne werksverhouding tussen Bipa en sy personeel, met laasgenoemde wat beweer dat viktimisasie, personeeltekorte en swak kommunikasie aan die orde van die dag is.

Die vakbond moes na bewering ook ingryp om die werkers se bekommernisse aan te spreek ná klagtes dat hulle oorwerk en onderbetaal is.

“Daar word beweer dat om redes wat net aan die bestuur bekend is, [werkers] gedwing word om werk te doen wat nie deel van hul posbeskrywing is nie.

“Diegene wat praat van enige aktiwiteit wat deur die bestuur as ongemaklik beskou word, word as moeilikheidmakers beskou,” het Nevonga in die brief geskryf.



OPLOSSINGS

Katjiuongua het verlede week gereageer en aangedui dat die agentskap ’n hersiening van sy organisasiestruktuur onderneem het om te verseker dat sy personeel nie oorwerk word nie en ook om te verseker dat fluitjieblasers beskerm word.

“Die hersiene struktuur sal verseker dat die regte hulpbronne, rolle en prosesse in plek is om die strategie doeltreffend uit te voer. Dit sal uitdagings van oorwerkte personeel takel,” het sy gesê.

Sy het ook bygevoeg dat Bipa ’n beleid vir die beskerming van fluitjieblasers sal ontwikkel om werknemers te beskerm wat kwessies wat verband hou met afknouery, intimidasie, begunstiging en viktimisasie wil aanmeld.

Op ander klagte van werknemers dat slegs sekere mense gekies word om op amptelike reise te gaan, het Katjiuongua gesê dat Bipa besig is om reisbepalings te ontwikkel.

“Dit is om ontevredenheid uit te skakel wat voortspruit uit die keuse tussen personeellede oor wie moet reis.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.87 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.34 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.64 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.49 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.16 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 660.15/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.009 | Zinc US$ 3 012.80/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 73.99/BBP DOWN -0.0163 | Platinum US$ 989.11/OZ UP +0.08% #N/A