ACC wil 'Esau-wet' laat wysig
Deursigtigheid, aanspreeklikheid nodig
In sy huidige vorm gee die wetgewing aan die lynminister wye diskresionêre magte.
Ogone Tlhage – Die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) het gevra vir wysigings aan die wet op mariene hulpbronne – ook bekend as die “Esau-wet” in sommige kringe.
In sy huidige vorm gee die wetgewing aan die lynminister “wye diskresionêre magte”.
Adv. Erna van der Merwe, die adjunk-direkteur-generaal van die ACC, het verlede week tydens ’n teenkorrupsiekonferensie in Gobabis gesê daar is nie op die oomblik genoeg deursigtigheid in die wet nie.
Dit volg op ’n radikale afwyking van standpunte wat voorheen uitgespreek is toe Albert Kawana, destyds die waarnemende minister van visserye en mariene hulpbronne, opgemerk het dat die wet in die lig van die Fishrot-skandaal hervorm sal moet word.
Sy opvolger en die huidige minister van visserye, Derek Klazen, het in Desember 2022 teruggekap dat dit nie nodig is om die omstrede stuk wetgewing te wysig nie – wat hom alleen die mandaat gee om viskwotas toe te ken.
Van der Merwe het gesê daar is ’n dringende behoefte om die wet te hersien.
“Wysigings aan die wet op mariene hulpbronne is dringend nodig. Die wye diskresionêre magte wat aan ’n funksionaris – in hierdie geval die minister – ingevolge die wet verleen word, moet verander word,” het sy gesê.
VEROUDERD
Die wet was verouderd en het nie aan internasionale standaarde voldoen nie, het Van der Merwe verder gesê.
“Die wetgewing het té wye diskresionêre magte aan ’n funksionaris gegee met betrekking tot die toekenning van kwotas en dit wou blyk daar was geen of min deursigtigheid met betrekking tot die toekenningsproses nie,” het sy gesê.
Hersienings aan die wet sal dit toelaat om te voldoen aan standaarde wat deur die Visserye Deursigtigheidsinisiatief (FiTI) gestel is, het Van der Merwe bygevoeg.
“Verder is deursigtigheid en aanspreeklikheid nodig in die praktyke en prosedures wat gebruik word. Ons vertrou die regering sal die regte ding doen en dit deurvoer ingevolge die vereistes van die tweede Harambe-welvaartsplan, die Nasionale Teenkorrupsiestrategie en die Aksieplan vir 2021-’25; en die wet en sy regulasies, praktyke en prosedures sal belyn,” het sy gesê.
‘GEEN SAMESWERING’
In 2015 het die voormalige minister van visserye, Bernhard Esau, wysigings aan die wet op mariene hulpbronne deurgedruk en homself eksklusiewe diskresionêre magte gegee om visvangkwotas toe te ken soos hy wou.
Esau is tans in die tronk en verhoorafwagtend na aanleiding van bewerings dat hy juis daardie magte misbruik het om Fishrot, ’n omkoperyskema waarin meer as N$300 miljoen glo deur hom en sy makkers geplunder is, moontlik te maak.
Tydens ’n onlangse aansoek om borgtog het Esau aan die hoërhof gesê hy is spyt hy het amptenare in sy ministerie blindelings vertrou – ’n daad wat hy glo hom in die tronk laat beland het. Hy het egter bygevoeg hy is gereed om sy kant van die storie te vertel.
Tydens sy hofverskyning het hy gesê die wysigings aan die land se visserywet in 2015 was daarop gemik om die bedryf oop te maak vir plaaslike rolspelers en nie om homself en sy makkers te verryk soos die staat beweer nie.
“Daar was geen sameswering van my kant af om myself deur hierdie wysigings te bevoordeel nie, ook nie om enige ander persoon behalwe die regering en Fishcor te bevoordeel nie,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie