Die Ombudsman, adv. Basilius Dyakugha, het Donderdag 'n verklaring uitgereik. Foto Facebook/Michael Amushelelo
Die Ombudsman, adv. Basilius Dyakugha, het Donderdag 'n verklaring uitgereik. Foto Facebook/Michael Amushelelo

Amushelelo vat ombudsman aan

Dyakugha reageer op aantygings
Die ombudsman het in 'n verklaring gesê dat Michael Amushelelo nog geen sake by sy kantoor aangemeld het nie.
Kristien Kruger
Die ombudsman van Namibië, adv. Basilius Dyakugha, het Donderdag ’n mediaverklaring uitgereik in reaksie op die aktivis Michael Amushelelo se Facebook-plasing waarin hy gesê het Dyakugha is “óf onbevoeg óf te swak om sy funksies en pligte uit te voer”.

Amushelelo het Woensdag op sosiale media Dyakugha daarvan beskuldig dat hy nie sy mandaat vervul en sy magte uitoefen om die Namibiese polisiemag of staatsorgane onafhanklik te ondersoek nie.

“Aangesien hy net ’n salarisinvorderaar wil wees, vervul hy nie sy mandaat nie. Ons het baie nuttelose individue soos Basilius Dyakugha wat net ons belastingbetalers se geld mors.”

“Ons het mense nodig wat in gesagsposisies geplaas sal word wat absoluut geen vrees of guns het in die uitvoering van hul ampspligte nie,” lui Amushelelo se plasing wat hy saam met ’n foto van Dyakugha op sy profiel gedeel het.

In Dyakugha se verklaring benadruk hy dat sy kantoor geen rekord het van sake wat deur Amushelelo aangemeld is nie.

“Die kantoor van die ombudsman is oop vir kritiek van die publiek, aangesien dié kantoor ’n openbare amp is en in die kern van ons funksies is die mense, ongeag die aard van die saak waaroor hulle regstelling soek.”

“As ’n ombudsman tree ek onpartydig op en wil dit graag duidelik stel dat enigiemand welkom is om ons kantoor met hul klagtes te nader. Die kantoor van die ombudsman het antwoorde op al die kwessies in die publieke domein en hierdie antwoorde kan verkry word by my kantoor,” verseker Dyakugha die publiek in sy verklaring.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!