Belastingverligting: Só help dit jou sak
Individue wat minder as N$100 000 per jaar verdien, kan vanaf vandeesmaand belastingverligting verwag ná finansminister Iipumbi Shiimi verlewe week nuwe belastingdrumpels op persoonlike inkomstebelasting aangekondig het.
Network Media Hub (NMH) het 'n berekeninge gedoen wat jaarlikse bruto-inkomste in ag neem.
Voor die hersiening van die drumpels sou 'n individu wat hipoteties 'n inkomste van N$90 000 per jaar verdien het, onderhewig gewees het aan 'n jaarlikse belastingkoers van 18% op belasbare inkomste van N$50 001 en N$100 000.
Met die hersiening van die drumpels, is dieselfde individu nou nie aan enige belasting onderhewig nie, en verdien 'n bykomende inkomste ná belasting van N$750 per maand.
Voor die hersiening sou 'n individu wat 'n inkomste van N$250 000 per jaar verdien het en onderhewig was aan 'n belasting op die oorskot van 25%, 'n basiese belasting van N$9 000 betaal het, asook 'n oorskotbelasting van N$37 500.
Met die hersiening is dieselfde individu onderhewig aan 'n belasting op die oorskot van 18%, en betaal 'n oorskotbelasting van N$25 000 en 'n basiese belasting van N$9 000. Die individu ontvang bykomende inkomste ná belasting van N$1 042 per maand.
Voor die hersiening sou 'n individu wat 'n inkomste van N$450 000 per jaar verdien het, onderhewig gewees het aan 'n belasting op die oorskot van 28% en sou 'n oorskotbelasting van N$42 000 betaal het, asook 'n basiese belasting van N$59 000.
Met die hersiening betaal hierdie individu nou 'n oorskotbelasting van N$28 000 en 'n basiese belasting van N$59 000, wat lei tot bykomende inkomste ná belasting van N$1 167 per maand.
Hoë-inkomsteverdieners met ‘n jaarlikse inkomste van byvoorbeeld N$1,4 miljoen sou voorheen onderhewig wees aan 'n belasting op die oorskotkoers van 32% en N$192 000 betaal het, asook 'n basiese belasting van N$205 000.
Met die hersiening is hierdie individue nou onderhewig aan 'n belasting op die oorskotkoers van 30% en moet oorskotbelasting van N$60 000 betaal, asook 'n basiese belasting van N$115 000, wat lei tot bykomende inkomste ná belasting van N$1 333.
"Die begroting vir 2024-‘25 het voorsiening gemaak vir belastingverligting vir lae-inkomsteverdienders. In hierdie verband sal ons die drumpel vir inkomstebelasting op individue verhoog van die huidige N$50 000 tot N$100 000. Hierdie aksie sal lei tot 'n inspuiting van N$646 miljoen direk in die sakke van belastingbetalers," het Shiimi gesê tydens die indiening van sy begrotingsrede gesê.
Die nuwe belastingmaatreëls geld vanaf 1 Maart 2024.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie