Besnoeiing van staatsdiens onder die loep
Geingob, Aupindi verdeeld oor kwessie
Swapo-leiers is verdeeld oor of die regering se opgeblase werksmag verminder of onveranderd gelaat moet word.
Ogone Tlhage - Terwyl president Hage Geingob voorts aanvoer dat die regering se werksmag verminder moet word, het Tobie Aupindi, ’n lid van Swapo se sentrale komitee en partyverteenwoordiger in die parlement, gesê hy is “nie van die denkskool wat die vermindering van staatsamptenare ondersteun nie”.
Die opgeblase staatsdiens was ’n doring in die vlees vir Geingob, wat onlangs gesê het dit kan selfs met die helfte besnoei word.
Dit sal volgens hom die regering in staat stel om versoeke vir salarisverhogings jaarliks te oorweeg, asook om die salarisrekening vir die staatsdiens te verminder.
Geingob het verlede week tydens die kommissarisse van die Staatsdienskommissie (PSC) se hoflikheidsbesoek aan Staatshuis gepraat en gesê die oorgrote openbare werksmag was die gevolg van die regering wat probeer het om inklusief teenoor alle Namibiërs te wees, veral diegene wat tydens die apartheidsera agterweë gelaat is.
“Vir wat jy kry, is daar ander wat nul kry.
“Daar moet na die grootte van die staatsdiens gekyk word, miskien om dit in die helfte te sny sodat diegene wat oorbly behoorlike salarisse kan ontvang,” het hy gesê.
Die regering het tans 107 000 werknemers in diens, wat in die huidige boekjaar op N$32 miljard se lone sal uitloop. Met staatsamptenare wat nou ’n algehele 8%-salarisverhoging eis, benewens ander nuwe eise, kan die salarisrekening 'n groter deel van die 2023-’24-nasionale begroting van N$84,6 miljard opvreet wat onlangs deur die minister van finansies, Iipumbu Shiimi, ter tafel gelê is.
Aupindi – wat verlede week sy begrotingsinsette in die Nasionale Vergadering gelewer het – sê egter hoewel Namibië se bedryfsuitgawes hoog is, behoort dit nie ’n rede vir die regering te wees om die staat se arbeidsmag te beperk nie. In plaas daarvan moet staatsbesteding groei in die bevolking weerspieël, het hy gesê.
“Ek is nie van die denkskool wat die vermindering van die arbeidsmag in die staatsdiens ondersteun nie, want bevolkingsgroei het toegeneem, verstedeliking neem toe en bevolkingsgroei onder die jeug het toegeneem,” het hy gesê.
“Die behoefte aan beter paaie, hospitale en skole het toegeneem, en vereis dus meer mense om sulke bedrywighede te bedien.”
VOORTYDIG
Salmaan Jacobs, kommissaris van die PSC, het verlede week gesê dit sal voortydig wees vir die kommissie om ’n duidelike standpunt oor staatsamptenare se nuwe salaris-eise te hê.
“Die bedingingsliggame is die kantoor van die eerste minister en vakbonde, onder voorsitterskap van die sekretaris van die kabinet en sekretaris-generaals van die erkende vakbonde.
“Sodra hulle konsensus bereik het oor die pad vorentoe, nader hulle die kommissie vir raad of aanbevelings,” het hy gesê.
Afgesien van ’n algemene salarisverhoging van 8%, wil staatsamptenare ook ’n verhoging van 20% in behuisingstoelae vir diegene onder bestuursvlak hê, 'n 8%-verhoging in behuisingstoelae vir diegene op bestuursvlak, 'n verhoging in kilometertariewe tot N$7 per kilometer en ’n 20%-verhoging in vervoertoelae vir diegene onder bestuursvlak vir die 2023-’24-boekjaar.
Staatsamptenare het dié eise deur die Nasionale Onderwysersunie van Namibië (Nantu) en die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) gemaak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie