Burgemeester daag minister uit
Bly in Omuthiya, werk in Windhoek
Die wet bepaal dat 'n lid van die raad van plaaslike owerhede sy pos moet ontruim wanneer hy of sy nie meer in die plaaslike owerheid bly waar hulle verkies is nie.
Die burgemeester van Omuthiya wat in Windhoek gebaseer is, het die minister van landelike en stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni uitgedaag om hom uit sy pos te verwyder. Johannes Ndeutepo bly sowat 600 kilometer van die dorp waar hy verkies is en oortree die wet vir plaaslike owerhede.
Ndeutepo het gereageer op 'n navraag aan Uutoni wat bevestig dat hy deur in Windhoek te bly, afdeling 13 (1) (h) van die wet op plaaslike owerhede oortree. Die wet bepaal dat 'n lid van die raad van plaaslike owerhede sy pos moet ontruim wanneer hy of sy nie meer in die plaaslike owerheid bly waar hulle verkies is nie.
Ndeutepo is sedert 1 Julie verlede jaar in Windhoek gebaseer, nadat hy as die uitvoerende hoof van Nammic Holdings aangewys is. Volgens hom is hy nie die enigste raadslid wat buite sy jurisdiksie bly nie en behoort die wet gewysig te word. Hy het Uutoni ook uitgedaag om die wet te probeer afdwing en sê dit is "wetlik onmoontlik".
"Die minister kan goed sê as hy jou as joernalis wil beïndruk, maar as hy die mag hiervoor het en 'n mening wat wetlik onmoontlik is, laat hom dit afdwing," het Ndeutepo gesê.
Volgens hom bly hy 'n inwoner van Omuthiya ten spyte van die feit dat hy in Windhoek werk.
"Vir jou om te sê ek bly nie in Omuthiya, terwyl ek eiendomme daar het, my huis is daar en ek bly al my hele lewe in Omuthiya. As daar enige plaaslike owerheid is waarin ek belange het, sal dit Omuthiya wees,” het Ndeutepo gesê.
"En dan kom jy nou en manipuleer die wet en sê wanneer die wet sê jy moet daar bly, moet jy eintlik daar werk. My huis het nie verander nie, ek het in Oranjemund, Ongwediva gewerk, maar my adres was nog altyd Omuthiya. Ons het raadslede wat busbestuurders is en 90% van die tyd op die pad is. Waar werk hulle? Daar is raadslede wat vlieëniers is en hulle kan buite die land vir hul werk wees."
Netwerk Media Hub (NMH) het in 2023 oor 'n soortgelyke geval berig waar die voorsitter van die Ongwediva-dorpsraad se bestuurskomitee, dr. Fabian George, voltyds in Okakarara gewerk het. Dit het vrae laat ontstaan of hy doeltreffend sy verpligtinge by die plaaslike owerheid kan nakom as hy 560 kilometer daarvandaan bly.
Met verwysing na George se situasie het 'n regsopinie deur prokureur-generaal Festus Mbandeka aan Uutoni in Januarie 2021 die regsvoorsiening beklemtoon en bygevoeg die verwydering van 'n raadslid wat nie binne hul verkose plaaslike owerheid woonagtig is nie 'absoluut' en 'diskresionêr' is nie.
“In die geval dat 'n lid van 'n plaaslike owerheid ophou woon of slegs tydelik woon in die plaaslike owerheidsgebied waartoe so 'n lid verkies is, moet so 'n lid sy of haar amp ontruim ingevolge artikel 13(1) (h) van die wet op plaaslike owerhede,” het Mbandeka gesê.
Hy het bygevoeg dat die minister inderdaad die mag het om nie-inwonende raadslede te verwyder en "nie hoef te wag vir 'n politieke party" om sy lid te onttrek nie. Ten spyte van hiervan is George steeds 'n Ongwediva-raadslid.
Toe Uutoni gevra is hoekom hy plaaslike owerhede toelaat om die wet te oortree, het hy volgehou die wet is duidelik en daar is net plaaslike owerhede wat nie by die wet wil hou nie.
“Wanneer jy nie in die gebied van jurisdiksie werk nie, dan moet jy natuurlik ontruim. Dis net dat almal met verlof is. Ons moet hoor wat hulle gaan doen, ek dink nie hulle sal hom weer as burgemeester instem nie. Hy moet die pos ontruim. Die wet is duidelik, dit is net dat mense nie daarvan hou om te hou by wat die wette sê nie. Wanneer ons weer op kantoor is, kan ons weer praat.”
NMH het betroubaar verneem sedert Ndeutepo in Windhoek begin werk het, het dit die plaaslike owerheid negatief geraak omdat raadsittings uitgestel moes word omdat hy nie beskikbaar was om die vergaderings te lei nie. Met sy aanstelling het Ndeutepo voorgestel dat virtuele geriewe in plek gestel word vir wanneer hy nie die vergaderings in persoon kan bywoon nie. Hy het ook gesê hy sal nie beskikbaar wees om weer as burgemeester verkies te word nie.
Die Omuthiya-dorpsraad se insweringseremonie van sy lede is geskeduleer om op 17 Januarie plaas te vind. Weens die feit dat 'n landdros nie beskikbaar is nie, moet die verkose raadslede na Tsumeb reis waar dit sal plaasvind. - republikein@republikein

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie