CoW kondig begroting van N$5 miljard aan
Fokus op dienslewering, infrastruktuur
Die begroting fokus op dienslewering, met die kapitaalbegroting wat op die instandhouding van infrastruktuur fokus, het die burgemeester gister gesê.
Elizabeth //Kheibes - Stad Windhoek (CoW) het gister die goedkeuring van sy 2023-’24-begroting van N$5 miljard aangekondig.
Die kapitaalbestedingsgedeelte beloop altesaam N$513 miljoen, waarvan N$507 miljoen goedgekeur is – met ongeveer N$460 miljoen wat vir infrastruktuur- en behuisingsprojekte geoormerk is.
Windhoek se burgemeester, Joseph Uapingene, het gesê die begroting fokus op die doeltreffendheid van dienslewering, met die kapitaalbegroting wat fokus op die instandhouding van infrastruktuur en die skep van bykomende infrastruktuur op die gebied van water en elektrisiteit om aan die behoeftes van die groeiende stad te voldoen.
“Die begroting maak ook aansienlike voorsiening om te verseker dat ons grondlewerings- en raadsbehuisingsdoelwitte bereik word. Die raad het in Mei tydens ’n werkwinkel oor die begroting beraadslaag, om dit daarna ter tafel te lê vir voorlegging aan die lynminister wat dit uiteindelik moes goedkeur.
“Verskeie ingrypings is ook gedurende die laaste kwartaal geïdentifiseer om sommige van die uitdagings wat die CoW in die gesig staar, te versag,” het hy gesê.
SKULD
Uapingene het verder opgemerk die departement van finansies sal kyk na die munisipaliteit se skuldboek, wat op 31 Oktober op N$1,2 miljard gestaan het – waarvan N$963 miljoen agterstallig is.
“Die oefening poog om die lank uitstaande skuld te identifiseer wat as nie-invorderbaar beskou word. Daarna sal aanbevelings gemaak word vir gepaste maatreëls om die skuld skoon te maak – een is om aansporingstrategieë te oorweeg wat inwoners aanmoedig om hul skuld te betaal en sodoende die CoW en inwoners verligting van die huidige skuld te bied.”
Die burgemeester het ook ’n beroep op raadslede gedoen om daarteen te waak om standpunt in te neem teen “ongelukkige gebeure” wat gedurende die afgelope boekjaar plaasgevind het, en hulle versoek om te besin oor die manier waarop hulle inligting oor die munisipaliteit hanteer.
“As raadsvoorsitter wil ek ’n beroep op mederaadslede doen om te besin oor die manier waarop hulle sensitiewe inligting hanteer wat verreikende gevolge kan hê wat die organisasie se beeld en reputasie in gedrang plaas,” het hy gesê.
“Die ongelukkige gebeure wat oor die afgelope anderhalf finansiële jaar plaasgevind en afgespeel het, is net ’n voorbeeld van die soort gedrag wat die organisasie benadeel,” het Uapingene bygevoeg.
SLAKKEPAS
Intussen sal ’n werksessie oor bestuur – gefasiliteer deur die munisipaliteit se regsafdeling – vroeg in 2024 plaasvind om onder meer die gedragskode en die rolle en verantwoordelikhede van raadslede onder die loep te neem, het hy gesê.
“Ek is bekommerd oor die kommerwekkend stadige tempo van die uitvoering van pligte teen ons begroting, wat verder vererger is deur die kontantvloeibeperkings; ek glo egter hierdie boekjaar sal beter wees!
“Dit gesê, die CoW ondersoek verskeie oplossings vir ’n slimstad en inligtings- en kommunikasietegnologie om ons pogings om inkomste in te samel te verbeter en ons aanbod vir diensleweringswaarde te verbeter,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie