Deursigtigheid gevra vir Geingob se reis
Voorspoedwense vir staashoof stroom in
Gebrekkige inligting oor president Hage Geingob se mediese reis na die VSA het die weg gebaan vir gerugte en spekulasie.
HOOFREDAKSIE - Die President se kantoor is aangemoedig om deursigtig te wees oor wie die rekeninge gaan betaal vir president Hage Geingob se kankerbehandeling in die Verenigde State van Amerika (VSA), omdat die versuim daarvan tot spekulasie gaan lei. Staatshuis het Woensdag aangekondig Geingob, wat onlangs met kanker gediagnoseer is, het ’n aanbod van mediese hulp van topwetenskaplikes en mediese kenners in Los Angeles aanvaar waar hy glo spesiale behandeling sal ontvang.
"Die reis-, mediese- en verblyfskostes sal nie deur die regering betaal word nie," het Staatshuis se verklaring gesê.
Volgens inligting op Flight24, ’n webblad vir die nasporing van vliegtuie, het aangedui dat Geingob via Algerië op ’n Gulfstream 5-vliegtuig na die VSA gevlieg het - en nie die presidensie se Falcon-vliegtuig nie. Die vliegtuig het oënskynlik van Katar gekom, maar geen inligting is bekend oor in wie se diens dit is en of die betrokke party bande met Geingob het nie.
DEURSIGTIGHEID
Die politieke ontleder Graham Hopwood, uitvoerende direkteur vir die Instituut vir Openbare Betrekkinge (IPPR) het Geingob ’n spoedige herstel toegewens en gesê dit sou goed wees as die president se kantoor die moontlikhede vir spekulasie uit die weg kon ruim.
"Dit sou goed wees as die president se kantoor nog ’n laag deursigtigheid kon byvoeg deur aan te kondig wie vir die behandeling betaal, of minstens ’n rede kan gee hoekom hierdie inligting vertroulik moet bly," het hy gesê.
Hopwood het gesê dat die president oor die jare deursigtig was oor kwessies rakende sy gesondheid en het hom hieroor geloof, maar sê dat Geingob hierdie gewoonte moet volhou deur meer inligting oor sy reis na Amerika bekend te maak.
"Geingob se deursigtigheid is baie anders as sommige Afrikalande waar presidente vir lang periodes na Europese lande verdwyn om mediese behandeling te ontvang op die belastingbetaler se onkoste," het Hopwood gesê.
Die akademikus Joseph Diescho het die motivering agter die betaling van die president se reis- en mediese koste bevraagteken.
"Geen staatshoof van ’n soewereine land met selfrespek aanvaar sulke geskenke, net om te sê die regering betaal nie vir die reis en hospitalisasie nie. Katar is ’n Arabiese staat in die Midde-Ooste wat reeds sakebelangstelling in Namibië se olie, hawens en fosfaathulpbronne te kenne gegee het," het hy gesê.
Diescho het ook die presidensiële woordvoerder Alfredo Hengari daarvan beskuldig dat hy nie die volle waarheid vertel nie.
"Staatshuis maak ’n gewoonte daarvan om mense se intelligensie te onderskat deur volksvreemde 'taxihalte'-stellings te maak oor die president se gesondheid en reis na Amerika."
Nog ’n kommentator wat anonimiteit gevra het, sê Hengari se verklaring oor koste was onnodig.
"Wie gee om oor koste? Die man is siek en ons almal simpatiseer," het hy gesê.
Die politieke ontleder, Henning Melber, het aangevoer Namibiërs moet kalm bly oor Geingob se diagnose en gesê dit is nie ’n doodsvonnis nie.
"Daar is baie voorbeelde waar kankerbehandeling nie die uitvoer van politici se werk belemmer het nie. Die spekulasie is disrespekvol teenoor Geingob, aangesien dit die vermoede van ’n terminale siekte of die opvatting dat hy ernstig onbevoeg is vir die uitvoer van sy take versterk. Dit is geensins so bevestig nie," het hy gesê.
Hengari het nie op vrae oor Geingob se reis geantwoord nie. Die president word op 2 Februarie weer in Namibië verwag.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie