FOTO TER ILLUSTRASIE. FOTO ARGIEF
FOTO TER ILLUSTRASIE. FOTO ARGIEF

Die miljoendollar reis na Genève

Jemima Beukes
Die Nasionale Raad is tans in die proses om meer as ’n miljoen Namibiese dollar toe te ken vir ’n buitelandse besoek van 20 dae. Vier beamptes, Victoria Kauma (vise-voorsitter) Petrus Kavihura (direkteur), Auguste Shali (persoonlike assistant) en Bernard Mwira (private sekretaresse) is deel van die afvaardiging.

Dokumente wat deur Republikein se susterskoerant Namibian Sun bekom is, wys Kauma is van 8 tot 28 Maart in Genève, Switserland, om die Kommissie vir die Status van Vroue en ook die vergadering van die Inter-parlementêre Unie (IPU) by te woon.

Die motivering vir die versoek vir finansiering lig Mwira se behoefte uit vir ’n kleretoelaag om winterdrag te koop, saam met ’n spesifieke versoek vir ‘premium ekonomiese klas’ en ’n sitplek by ’n venster in die eerste rye van die vliegtuig.

Die daaglikse reis-en-verblyfstoelae (DSA) word beraam op N$600 000. Dit sluit in N$325 000 vir Kauma, N$160 000 vir Kavihura, N$70 000 vir Shali en N$46 000 vir Mwira. Uitgawes vir die vliegtuigkaartjies word beraam op N$400 000, met N$200 000 vir Kauma, N$80 000 vir Kavihura en N$60 000 vir beide Shali en Mwira.

Kauma en Kavihura is in Genève vir die volle 20 dae, terwyl Shali en Mwira vir onderskeidelik 12 en 18 dae in die wêreldstad is. Die NC se departement van finansies het die versekering gegee dat die geld beskikbaar is en vir Maart 2024 bespreek moet word.

Dié in die binnekringe vertroud met die gereelde en buitensporige reise wat die afgelope jaar deur beamptes van die NC en parlementslede onderneem word, vertel van gevalle waar topbestuurders aandring om in reisplanne ingesluit te word, selfs wanneer die reis net ’n persoonlike assistant of klerk vereis. Dit laat vrae ontstaan oor die motief agter die versoeke en die potensiële misbruik van hulpbronne.

Kommer is ook uitgespreek oor die manier van reis vir sekere geleenthede. Ten spyte van die beskikbaarheid van virtuele kommunikasieplatforms soos Zoom, kies beamptes glo om eerder in persoon te reis, selfs al kan dit oor ’n afstand gedoen word. Dié besluit het vrae laat ontstaan oor die noodsaaklikheid en kostedoeltreffendheid van fisies in sulke gevalle te reis. Die Nasionale Vergadering het ’n totale begroting van sowat N$120 miljoen vir die 2022/23 finansiële jaar gekry. ’n Beduidende gedeelte hiervan en wel N$75 miljoen is geoormerk vir salarisse en verskeie ander voordele vir beamptes en personeel. Tousy Namiseb, die raad se sekretaresse het vrae na Ephraim Jane verwys wat nie bereik kon word nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!