Dokters móét oorsaak van sterfte aanteken
Nodig vir ontwikkelingsbeplanning
Dit beïnvloed statistieke vir sterftes, asook die oorsaak van sterftes negatief.
Die minister van binnelandse sake, veiligheid en sekuriteit het ‘n wetsontwerp ter tafel gelê wat dit ‘n kriminele oortreding vir dokters sal maak om die oorsaak van sterfte op doodsertifikate nie in te vul nie.
Albert Kawana het die wetsontwerp vir siviele registrasie en identifikasie vandeesweek vir die tweede keer ter tafel gelê, nadat dit vroeër weens besware deur parlementslede teruggetrek is.
Volgens Kawana poog die wetsontwerp om huidige tekortkominge in die aantekening van oorsake van sterftes deur mediese personeel aan te spreek, wat die samestelling van akkurate sterftedata aansienlik belemmer.
Die data is deurslaggewend vir ontwikkelingsbeplanning, het Kawana verduidelik.
"Dokters vul nie oorsake van sterftes in nie en dit beïnvloed statistieke vir sterftes, asook die oorsaak van sterftes negatief en wat vereis word vir ontwikkelingsbeplanning,” het hy gesê. Hy het ‘n oorsig gegee van die bepalings van die wetsontwerp, insluitend kategorieë vir die registrasie van geboortes, sowel as die prosedures vir die uitreik van doodsertifikate.
“Soos die huidige wet vir geboorte-, huwelik- en doodregistrasies, maak die wetsontwerp dit ook verpligtend vir dokters om die oorsake van sterftes in die stelsel aan te teken. Opsetlike versuim om 'n oorsaak van sterfte aan te teken, sal 'n kriminele oortreding wees,” het hy gesê.
Republikein het in Februarie vanjaar berig oor 'n tragiese voorval in die Livayi-nedersetting in Kavango-Wes waar drie minderjariges - Nahambo Likuwa (1), Nangombe Shinyemba (7) en Christoph Shiyemba (13) - weens vermoedelike voedselvergiftiging dood is. Vyf ander is. Geen amptelike verslag is tot op hede deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste oor die sterftes uitgereik nie.
In Maart het vrae oor die 2023-sterftes van 16 familielede van die dorpie Kayova weer opgeduik toe Josef Kauandenge, sekretaris-generaal van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), die ministerie van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn gekritiseer het omdat dit "eeue neem" om die uitslae van nadoodse ondersoeke aan die geraakte familie bekend te maak. Tydens die nasionale begrotingsessie het hy deursigtigheid geëis en beweer dat die ministerie se stilswye 'n daad van verswyging was.
Kawana het beklemtoon dat die wetsontwerp poog om 'n duidelike voorkeurorde vas te stel oor wie 'n dood mag registreer en aan wie 'n begrafnisbevel uitgereik kan word om geskille te voorkom wat begrafnisse vertraag.
Hy het bygevoeg dat die wetsontwerp ook 'n algemene misverstand rakende doodsertifikate aanspreek.
“Baie kere word weeskinders afskrifte van hul ouers se doodsertifikate geweier om te verhoed dat hulle erf wat wettiglik aan hulle toekom. Dit is belangrik om daarop te let dat die besit van 'n doodsertifikaat geen regte aan die houer verleen nie.
'n Doodsertifikaat is bloot 'n dokument wat besonderhede van dood aandui. Daarom is dit toelaatbaar dat veelvuldige identiese doodsertifikate of amptelike afskrifte van doodsertifikate ingevolge hierdie wetsontwerp uitgereik word.
"Die persoon wat 'n doodsertifikaat aanvra, moet bewys lewer van hul identiteit, en die registrateur moet die persoon se verhouding met die oorledene aanteken," het hy gesê.
“Tans reik die ministerie bevestigingsbriewe aan diensverskaffers uit om te bevestig dat 'n persoon gesterf het. Ons reik nie doodsertifikate uit nie. Dit veroorsaak probleme en verhoog bedrog aangesien die briewe geen sekuriteitskenmerke het nie en vervals kan word. Die wetsontwerp sal dit verander,” het die minister verseker.
Die doel van 'n land se siviele registrasiestelsel, het Kawana verduidelik, is om inligting oor die voorkoms van lewensbelangrike gebeurtenisse en hul kenmerke op te teken en te stoor en om die herwinning van die inligting toe te laat wanneer dit nodig is vir wetlike, administratiewe, statistiese en ander gebruike.
“'n Siviele registrasiestelsel word gekenmerk as verpligtend, universeel, deurlopend, permanent en vertroulik. Vertroulikheid is belangrik omdat siviele registrasiestelsels ’n verskeidenheid inligting oor individue insamel, waarvan sommige hoogspersoonlik en sensitief kan wees,” het hy gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie