Droogtehulp vir N$3 200 of minder

Mariud Ngula
Die kabinet het goedkeuring verleen dat huishoudings met 'n gekombineerde inkomste van N$3 200 per maand of minder vir droogtehulp kwalifiseer. Die aankondiging is deur die sekretaris tot die kabinet George Simataa gemaak tydens inligtingsessie op Opuwo waar hy woordvoerders van regeringsinstellings aangemoedig het om die boodskap aan die nasie oor te dra.

"Sommige landelike gemeenskappe het ander inligting of het geen inligting nie en wat maak dat hulle nie voordeel uit die droogtehulpprogram trek nie. Ons moet ons openbare kommunisie beduidend verbeter," het Simataa gesê.

Hy het kommer uitgespreek oor die feit dat begrotings vir die program nie volledig bestee word nie en wat hy as 'n chroniese kwessie in die regering beskryf het. Volgens hom is dit die gevolg van onvoldoende kommunikasie.

Tot in Junie het die regering net eise vir droogtehulp ter waarde van N$28,7 miljoen ontvang en waarvan net N$19,8 miljoen volgens Simataa betaal is.

"Daar is probleme in terme van die kwalifiserende kriteria vir droogtehulp. In 2019/2020 is die N$292,3 miljoen waarvoor begroot is, nie ten volle bestee nie. Dieselfde geld vir die N$38,2 miljoen wat vir 2023/2024 begroot is en waarvan N$9,5 miljoen nie geëis is nie."

Hy het woordvoeders in regeringsinstellings gevolglik gemaan op hul sokkies op te trek.

"Dikwels verskaf openbare administrateurs nie voldoende inligting nie en veral aan die media wat 'n noodsaaklike rol vervul om die publiek in te lig. Ons as openbare administrateurs reageer nie op die vrae van die media of maak ons posisie duidelik oor sekere kwessies nie. As ons nie reageer nie, wie moet dan?," het Simataa gevra.

Martha Simon, 'n inwoner van die Otjaandamwenyo-nedersetting in die Ruacana-kiesafdeling, het onlangs Republikein se susterskoerant Namibian Sun genader met griewe oor raadslid Andreas Shintama se hantering van die verspreiding van droogtehulp in die gebied. Sy het Shintama daarvan beskuldig dat hy teen die inwoners van Otjaandamwenyo diskrimineer.

"Ons kry nie soos ander gereeld droogtehulp nie. Dit kom altyd na drie of vier maande en dan is dit net 'n sak mieliemeel en 'n bottel kookolie. Intussen ontvang ander elke maand droogtehulp en is dit altyd met bykomende items," het sy gesê.

Volgens haar is dit nie net met die droogtehulp wat Shintama diskrimineer nie.

"Wanneer ons hom daaroor konfronteer, sê hy ons nedersetting het nie vir hom gestem nie, ons moet droogtehulp gaan kry by die raadslid vir wie ons gestem het. Ek dink dit is omdat ons nedersetting net Himbas en Dhembas het en hy is Ndonga," het Simon gesê.

Shintama het egter die beweringe ontken en sê sy kantoor diskrimineer nie en doen wat dit moet om droogtehulpvoedsel te versprei.

"Ons ontvang die voedsel elke keer wanneer hulle dit moet kry en versprei dit via die regmatige prosedures. Dit is deur die hoofman en komitees wat verantwoordelik is die registrasie van inwoners vir die droogtehulp. Ons laai dit saam met die komitees en die inwoners af. Om die waarheid te sê diskrimineer ons teen niemand. Verwys die persoon na die hoofman se kantoor," het hy gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!