drone
drone

Dryftuig nou in Windhoek

Eienaar nog gesigloos
Die weermag monitor reeds vanaf middel Januarie die onbemande oppervlaktuig in plaaslike water.
Tanja Bause
Die Namibiese weermag (NDF) het die onbemande oppervlaktuig (USV), ofte wel ’n Saildrone, wat Sondag sy opwagting in Lüderitz se hawe gemaak het, uit die water verwyder en na Windhoek vervoer.

Die USV se eienaar kon nog nie opgespoor word nie en het ook nog nie na vore getree nie.

Die woordvoerder van die NDF, kolonel Petrus Shilumbu, sê die weermag monitor al sedert 11 Januarie die USV in Namibiese water.

“Hy het vanaf ’n suidelike rigting na Lüderitz beweeg. Die USV het probleme gehad en ’n operateur van ’n toeristeboot het dit hawe toe gesleep. Die man het versuim om die haweowerheid of enigiemand in kennis te stel. Ons mans en vroue in uniform was bewus van die USV en het opgetree.”

Shilumbu sê die operateur is gekonfronteer en hy het gesê iemand van San Francisco in Amerika het hom gebel en gevra dat hy die USV hawe toe moet sleep. Twee mans van Kaapstad het dit namens die eienaar kom oplaai.

“Volgens die twee mans is die USV in Kaapstad te water gelaat op pad na die Suidpool. Dit sou vandaar af terug Kaapstad toe gevaar het, maar dit het nooit daar aangekom nie en die Benguela-seestroom het dit volgens hulle verder noord tot naby Lüderitz gedryf.”

“Ons het geen idee wat die USV se missie in ons waters was nie. Daar is nooit vir ’n klaringsertifikaat aansoek gedoen nie. Ons vermoed die USV is al vir die afgelope ses maande in ons waters.

“Ons weet dat die USV allerhande data versamel en dit intyds na die ontvanger in Amerika toe stuur. Dit was besig met opnames aan die weskus daar waar olie ontdek is. Dit is nie soos byvoorbeeld in die Skedelkuspark of voor Hentiesbaai gewaar nie en dit is wat ons agterdogtig maak.”

Shilumbu het bygevoeg dat Namibiërs meer sekuriteitsbewus moet wees.

“As jy iets agterdogtig sien, moet jy dit aanmeld. Ons moet nie toelaat dat vreemdelinge ons misbruik nie. Ons mans en vrouens in uniform is op en wakker en alles is onder beheer. Daar is geen rede om paniekerig te raak nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!