Duitsland gee nóg miljarde
Klem op water en energie
De jongste bydrae bring Duitsland se totale ontwikkelingshulp aan Namibië op N$26,8 miljard te staan.
‘n Ooreenkoms om rente op bilaterale lenings met N$2,7 miljard (161 miljoen euro) te verminder, is Vrydag deur Namibië en Duitsland onderteken.
Die Duitse ambassadeur, mnr. Herbert Beck, het die rente-afslag tydens die ondertekeningseremonie in Windhoek as ‘n direkte bydrae tot die Harambee-welvaartplan beskryf.
Volgens finansminister Ipumbu Shiimi is die nuwe bydrae, deur ‘n jarelange en getroue ontwikkelingsvennoot, ‘n strategiese belegging in sleutelgebiede wat baie handig te pas sal kom.
Projekte in die watersektor sal die meeste baat, met renteverligting van N$1,25 miljard.
Die doelwit van die projekte is om klimaatverandering te help bestuur en toegang to kwaliteit en volhoubare watervoorsiening en sanitasie te verbeter. In die lig van droogtes word ook gepoog om waterverliese te verminder.
Die bydrae tot hernubare energieprojekte sal N$1,1 miljard beloop.Dit sluit in die oprigting van die land se eerste groot windplaas in Namibië 30 km noord van Rosh Pinah. Die aanleg sal 40 megaWatt kan lewer. Die land se groenwaterstofprojek sal ook baat by renteverligting.
Die Duitse ambassade sê hierdie projekte ondersteun NamPower se uitbreiding van groenenergie-oplossings en sal Namibië minder afhanklik van kraginvoere maak.
Renteverligting vir NamPost se SME-leningskema en ondersteuning van laeinkomstegroepe se waarde word op N$334 miljoen bereken. Hierdie mikrolenings is deel van die PostFin-fasiliteit, wat ook vroue in landelike gebiede bystaan. Die projek is deel van hulpverlening vir post-Covid-19-herstel.
Die lenings word deur die KfW-ontwikkelingsbank bestuur, aan wie die Duitse regering die oorbetalings sal doen.
Beck het gesê die jongste bydrae bring Duitsland se totale ontwikkelingshulp aan Namibië op N$26,8 miljard te staan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie