Duitsland skeld miljarde se rente vry

Dani Booysen
‘n Ooreenkoms om rente op bilaterale lenings met N$2,7 miljard (161 miljoen euro) te verminder, is vanmiddag deur Namibië en Duitsland onderteken.

Die Duitse ambassadeur, mnr. Herbert Beck, het die rente-afslag tydens die ondertekeningseremonie in Windhoek as ‘n direkte bydrae tot die Harambee-welvaartplan beskryf.

Volgens finansminister Ipumbu Shiimi is die nuwe bydrae, deur ‘n jarelange en getroue ontwikkelingsvennoot, ‘n strategiese belegging in sleutelgebiede wat baie handig te pas sal kom.

PROJEKTE

Besparings per projek sal as volg beloop:

NamPost-lenings vir SME’s en laeinkomstegroepe post-Covid-19 – N$334 m.

Watersektor – N$1,25 mjd.

Hernubare energie – N$1,1 mjd.

Laasgenoemde lening sal die eerste groot windplaas in Namibië 30 km noord van Rosh Pinah help vestig. Dit sal 40 megaWatt kan lewer.

Die lenings word deur die KfW-ontwikkelingsbank bestuur.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!