Nampa
Nampa

Een nulletjie te veel vir Nampa

Die ministerie van finansies het Vrydag gesê die N$154 miljoen wat in die nuwe begroting se opsomming van inkomste en uitgawes vir die komende boekjaar aan die Namibiese Persagentskap (Nampa) toegeken is, is 'n fout. Republikein het die astronomiese bedrag in sy beriggewing oor hulp aan staatsondernemings (SOE's) uitgelig. Volgens verlede jaar se begrotingsdokumente sou Nampa net N$14 miljoen vir 2022-'23 gekry het, maar die volledige bedrag in nuwe dokumente is N$154 011 000,00. Dit is onseker of 'n dataklerk die N$14 miljoen dalk net na N$15 miljoen wou lig en toe die blaps veroorsaak het. Die ministerie het onderneem om vandag die korrekte bedrag te verstrek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!