EU belê N$437 miljoen plaaslik
Die Europese Unie (EU) het vroeër vandeesweek onderneem om N$437 miljoen in sy Jaarlikse Aksieplan te belê.
Dié geld sal aangewend word om voorskoolse onderwys, nasionale regeringsbestuur en geslagsgelykheidskwessies te takel.
Altesaam N$291 miljoen is geoormerk om gehalte- voorskoolse onderwys meer toeganklik te maak.
Die EU se programme vir regeringsbestuur en geslagsgelykheid sal N$45,5 miljoen ontvang en N$100 miljoen sal na die tegniese samewerkingsgeriewe van die EU gekanaliseer word.
Dié geriewe se fokus is op die ontwikkeling en ondersteuning van staatsinstansies en het ten doel om die EU-Namibië-vennootskap te versterk.
Tydens haar besoek aan Namibië, het die EU se kommissaris vir internasionale vennootskappe, Jutta Urpilainen, N$32,4 miljoen aan vyf maatskaplike projekte wat in Namibië gebaseer is, oorhandig.
“Sonder die jeug se deelname kan gemeenskappe nie inklusief wees nie, en juis daarom het die EU die jeug die kernpunt van ons eksterne aksies gemaak en ’n aksieplan van stapel gestuur.
“In dieselfde asem kan geen gemeenskap sonder vroue volhoubaar, regverdig, stabiel, welvarend en inklusief wees nie.
“Daarom is geslagsgelykheid en die bemagtiging van vroue ook ’n prioriteit,” het sy gesê.
Die EU het sedert die EU-Namibië-vennootskap aangegaan is – in die jaar van Namibië se onafhanklikwording – ’n beraamde 500 miljoen euro (ongeveer N$9,1 miljard teen die huidige wisselkoers) plaaslik belê.
Die EU het in ’n verklaring gesê dat bykomende beleggings vir deurlopende en beplande projekte van ’n geskatte 10 miljoen euro (N$187 miljoen) na Namibië herlei sal word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie