Geen geriewe vir seks, sê Hamunyela

Wet maak nie voorsiening daarvoor nie
'n Veroordeelde moordenaar en 'n verhoorafwagtende het gevra vir huweliks- en private besoeke.
Die kommissaris-generaal van die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS), Raphael Hamunyela, sê die land se tronke het nie geriewe waar gevangenes en hul gades hul huweliksregte kan geniet nie.

Dit volg nadat twee gevangenes tronkowerhede hieroor hof toe gesleep het.

Die veroordeelde moordenaar Kevan Townsend en die verhoorafwagtende voormalige landdros Jaco Kennedy het die hof genader om onder meer op hul reg op gemeenskap aan te dring terwyl hulle in aanhouding is.

Volgens Hamunyela is daar geen wetlike voorsiening hiervoor in die land se tronke nie en is daar ook geen geriewe waar seksuele aktiwiteite kan plaasvind nie.

Hy sê die NCS hou streng by die wet en sou een uitgevaardig word wat diè tipe besoeke toelaat, hulle daarby sal hou.

“Hoewel ons nie enige regsbepaling hieroor het nie, glo ons dit is ’n individu se reg om die hof te nader en hul gevoelens te deel.

“Ons implementeer die wet en ons sal die feit respekteer dat ons almal onder die wet is, insluitend diegene wat so deur ’n hof beveel is,” het Hamunyela gesê.

Volgens berigte beweer Townsend en Kennedy dat hulle in 2021 ’n brief aan Hamunyela geskryf het om die regte van verhoorafwagtendes in werking te stel. Dit sluit huweliks- en private familiebesoeke in, sowel as die gebruik van televisies en waaiers in hul selle. Hul versoeke het egter op dowe ore geval.

Hulle het ook beweer hul regte is geskend deur korrektiewe beamptes wat semi-naak foto’s in hul besit by hulle afgeneem het.

“Sou die hof of die regstelsel so ’n wet bekragtig, dan is dit vir ons om die minister of die uitvoerende gesag te nader vir die begroting om die nodige geriewe te bou om die professionele uitvoering van daardie wet te akkommodeer,” het Hamunyela gesê.

Townsend dien tans 29 jaar uit vir die moord op die Namibiër André Heckmair in Windhoek op 7 Januarie 2011. Kennedy is verhoorafwagtend op twee verskillende aanklagte van beweerde verkragting.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!