Geen tatoes vir tronkbeamptes
Kan bewaarders 'in gevaal stel'
Sommige korrektiewe beamptes het tatoeëermerke wat glo met tronkbendes geaffilieer is en ongeregverdigde aanvalle op die organisasie en sy lede kan uitlok.
Ogone Tlhage - Die hoof van die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS), Raphael Hamunyela, sê sigbare tatoeëermerke op korrektiewe beamptes is strydig met die organisasie se gedragskode en skend sy beeld.
Hy het die opmerkings gemaak ná ’n algehele verbod op sigbare tatoeëermerke vir tronkbeamptes aangekondig is, en gesê dit hou risiko’s in aangesien sommige van hulle tatoeëermerke met tronkbendes geassosieer word en die potensiaal het om hulle in gevaar te stel.
“Wanneer jy ’n korrektiewe beampte is, kan jy nie lid van enige groep wees nie. Ons dien almal. Wanneer bendegevegte ontstaan, kan daardie korrektiewe beampte [met bendeverwante tatoeëermerke] aangeval word. Vir ons om die korrektiewe beamptes en die organisasie te beskerm, sal geen tatoeëermerke toegelaat word nie,” het Hamunyela gesê.
“Ons wil nie hê korrektiewe beamptes moet aangeval word nie,” het hy bygevoeg.
Volgens hom was diegene met bendeverwante tatoeëermerke nie bewus van die potensiële probleme wat hulle vir hulself en ander korrektiewe beamptes skep nie.
“Mense sal jou aanval en ons sal jou moet beskerm, maar dit is jy wat verantwoordelik is vir die aanval.”
STEEK WEG
Lede van die publiek wat by die NCS wil aansluit, word voorts aangeraai om nie tatoeëermerke op sigbare plekke te kry nie.
“As jy kies om ’n tatoeëermerk te hê, sal jy nie ’n lid van die NCS wees nie. En ons ken niemand wat met tatoeëermerke gebore is nie; sit jou tatoe waar mense dit nie sien nie,” het hy gesê.
Hamunyela het gesê korrektiewe beamptes wat sigbare tatoeëermerke het, se name is na die gevangenis se menslikehulpbronafdeling gestuur en bygevoeg indien hulle meer sigbare tatoeëermerke byvoeg, sal dissiplinêre stappe teen hulle gedoen word.
VRYHEID VAN UITDRUKKING
In reaksie op die nuus het die menseregteprokureur Kadhila Amoomo opgemerk dat tatoeëermerke ’n manier is om jouself uit te druk, ’n reg wat onder die land se wette beskerm word.
“Die generaal [Hamunyela] moet dalk oorweeg om alle tatoeëermerke wat bendeverwant is in die Namibiese Staatskoerant te publiseer sodat jong Namibiërs dit kan vermy, sou hulle in die korrektiewe diens wil dien,” het hy tong in die kies gesê.
“ʼn Tatoeëermerk is ʼn uitdrukking van ʼn geloof, ʼn gedagte of gevoel en artikel 21 van die Namibiese Grondwet beskerm die vryheid van uitdrukking. Ons moet die generaal uitdaag om bewyse te toon dat die meeste mense in Namibië wat tatoeëermerke het, bande met ’n bende het.”
Hy het bygevoeg: “’n Tatoeëermerk beïnvloed nie korrektiewe beamptes se vermoë om hul werk uit te voer nie. Dis onwaarskynlik dat die beleid ’n grondwetlike uitdaging sal weerstaan, aangesien dit irrasioneel, onredelik en los van die werklikheid is.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie