• Tuisblad
  • Regering
  • #GEINGOB Eerste minister sê Geingob het 'alles' vir sy land gegee
prime minister
prime minister

#GEINGOB Eerste minister sê Geingob het 'alles' vir sy land gegee

Henriette Lamprecht
Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het namens haar kantoor wyle president Hage Geingob geloof vir sy "voorbeeldige en onbaatsugtige diens" en sê sy dood gooi 'n donker skaduwee oor die Namibiese nasie. Volgens haar kantoor het Geingob sy jeug opgeoffer vir die stryd om die land se onafhanklikheid, was 'hy 'n sleutelfiguur in die vestiging van 'n onafhanklike republiek as voorsitter van die grondwetlike vergadering en ook medeskrywer van die land se grondwet.

"Ons is geïnspireer deur sy onversetlike gees om voort te gaan om in diens van ons land te staan, 'n land waarvoor hy lief was en waarvoor hy alles tot in sy laaste oomblikke gegee het."

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer