Geingob ‘’n kampvegter vir die jeug’

Jong leiers gevorm
Die aanstelling van jong mense in die parlement was nie 'n foefie van die staatshoof om stemme te werf of bloot 'n simboliese gebaar nie, sê Sharonice Busch.
Henriette Lamprecht
Ogone Tlhage - Die uitvoerende voorsitter van die Nasionale Jeugraad, Sharonice Busch, het wyle president Hage Geingob as ’n kampvegter vir die jeug beskryf en gesê sy bydraes het gehelp om van Namibië se jong leiers te vorm.

Busch wat tydens Geingob se eerste termyn as president as ’n persoonlike assistent diens verrig het, sê hy het ’n gawe gehad om talent raak te sien en dit te ontgin.

“President Hage Geingob was ’n kampvegter vir jong mense. Hy het in ons potensiaal geglo en geweet hoe om talent te identifiseer en dit te ontgin. Hy het ons ook ’n plek aan die tafel te gee om te verseker ons is in die proses van nasiebou ook deel van die oplossing,” het Busch gesê.

Sy het beklemtoon die staatshoof se aanstelling van jong mense in die parlement was nie ’n foefie om stemme te werf of bloot ’n simboliese gebaar nie.

Mense wat dié beweringe maak, is oningelig of onkundig. Mense wat beweer dit is net ’n simboliese gebaar, verstaan nie die vlak van voorbereiding wat daarin gaan om die leiers van die toekoms voor te berei nie,” sê Busch.

Volgens haar was Geingob se aanstelling van jong mense in invloedryke posisies ook ’n belegging in die land se toekoms.

“As daar een ding was wat die president geweldig goed gedoen het, was dit om jong mense toe te laat om ’n toegewyde ruimte te hê waar, al het hulle foute gemaak en misluk, dit steeds ’n belegging in die land se jeug was.”

Geingob se bogenoemde optrede het ook daartoe gelei dat Namibië internasionale lof vir die bevordering van sy jong mense ontvang het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!