#GEINGOB #PAS IN: Nuwe president 14:00 amptelik ingesweer

Henriette Lamprecht
Staatshuis het in 'n verklaring bekendgemaak Namibië se nuwe president ná die afsterwe van president Hage Geingob vroeg vanoggend, vind binne die volgende 45 minute plaas. In terme van artikel 29 (4) (a) saamgelees met artikel 34 (I) van die Namibiese grondwet vind die insweringseremonie van die nuwe president vandag om 14:00 by Staatshuis plaas. Tydens dieselfde geleentheid sal 'n nuwe visepresident aangewys en ook ingesweer word.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer